Só lyk die nuwe iPhone 7

Die iPhone 7 (Foto: Facebook via iPhone 7)

Die iPhone 7 (Foto: Facebook via iPhone 7)

Apple het tot dusver elke jaar in September ʼn nuwe iPhone bekendgestel en stel vanjaar ook nie teleur nie – aanhangers van dié vervaardiger wag in spanning vir die jongste iPhone 7, wat in September vanjaar bekendgestel word.

Die webwerf Gadgets 360 het al die gewildste bespiegelinge oor die jongste iPhone saamgegooi met inligting wat reeds bekendgemaak is, om gebruikers ʼn blik op dié slimfoon te gee.

Hier is die inligting wat tot dusver bekendgemaak is:

Drie modelle
iPhone gaan glo vanjaar drie modelle van die iPhone bekendstel: die iPhone 7, iPhone 7 Plus en die iPhone 7 Pro/Plus Premium.

32GB stoorspasie
Gerugte doen die ronde dat Apple gaan wegdoen met die 16GB stoorspasie en dit vervang met 32GB. Die vervaardiger het gesê die verskeidenheid apps wat deesdae beskikbaar is, verg meer spasie.

256GB spasie vir die beste van die reeks
Die beste model in die reeks gaan stoorspasie van 256GB bied.

Antenna-stroke verdwyn
Die antenna-stroke wat op die agterkant van die iPhone was, word glo weggelaat om die agterkant van die selfoon eenvoudiger en eenkleurig te laat lyk.

“Slim-poort”
Daar is baie aanduidings dat die nuwe iPhone die sogenaamde “slim-poort” gaan hê. Die “smart connector” is voorheen gebruik om die sleutelbord aan die iPad te verbind.

Oorfoon-poort
Die poort vir oorfone word glo verwyder om die nuwe iPhone smaller te maak. Dié poort, wat 3,5 mm groot is, gaan glo aan die agterkant van die foon, waar die flitslig is, ingesit word.

Dubbele-SIM-kaart
Die jongste iPhone kan glo ʼn dubbele SIM-kaart-opsie hê sodat gebruikers gelyktydig toegang kan hê tot twee SIM-kaarte – dis veral nuttig vir persone wat van twee diensverskaffers gebruik maak of oorsee wil reis.

Dubbele kamera
Terwyl die nuwe iPhone steeds ʼn enkele lens gaan hê, is dit die eerste keer wat die iPhone ʼn dubbele kamera sal hê.

Kleure
Baie gerugte dui daarop dat Apple vanjaar ʼn iPhone in donkerblou wil bekendstel om die grys opsie te vervang.

3GB RAM
Die slimfoon gaan nog meer geheue hê sodat die sagteware teen ʼn vinniger spoed as voorheen kan werk.

Stereo-luidsprekers
ʼn Paar foto’s van die jongste iPhone het uitgelek waar vier luidsprekers duidelik aan die agterkant van die slimfoon, weerskante van die kamera-lens, sigbaar is. Die twee ander luidsprekers verskyn aan die onderkant van die slimfoon.

Optiese beeldstabilisering
Die iPhone 7 en iPhone 7 Plus gaan dié opsie hê sodat gebruikers selfs beter foto’s kan neem.

Bron: Gadgets 306

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Steve Jobs ·

Hy gaan beslis nie so lyk nie. Niemand weet hoe hy gaan lyk nie. Alles tans is net pure spekulasie en ‘n soeke na sensasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.