Só lyk die nuwe Nokia 3310

Die nuwe Nokia 3310 (Foto: The Verge)

Die nuwe Nokia 3310 (Foto: The Verge)

Die splinternuwe Nokia 3310-selfoon is Sondag amptelik in Barcelona in Spanje bekendgestel.

Dit volg nadat die Finse maatskappy HMD Global Oy vroeër vandeesmaand hul planne aangekondig het om dié gewilde selfoon weer in die slimfoon-mark beskikbaar te stel.

Die oorspronklike Nokia 3310 is in 2000 as die opvolger van die gewilde 3210-model bekendgestel en bykans 126 miljoen van die modelle is wêreldwyd verkoop.

Die nuwe weergawe van die 3310 het nou ʼn 2,4 duim-skerm, 2-megapixel-kamera en kan ook ʼn geheuekaart ondersteun.

Die selfoon is ook glo baie ligter en beskikbaar in heldergeel en -rooi, asook ʼn grys en donkerblou.

HMD Global Oy het tydens die bekendstelling gesê dié selfoon se battery het ʼn bystandleeftyd van 31 dae. Gebruikers kan ook 22 uur op die selfoon klets voor die battery die gees sal gee.

Die grootste verskil tussen dié 3310 en die ou weergawe is dat gebruikers nou met behulp van die Opera Mini-soekenjin basiese internet-navigasie het. Jy sal egter steeds nie kan Instagram of Snapchat nie.

Planne om die selfoon wêreldwyd te versprei, word binnekort bekend gemaak. Die 3310 sal jou na verwagting €59 (ongeveer R800) uit die sak jaag.

Bron: The Verge

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ronel ·

As h kan whatsapp koop ek dadelik vir my ene. Die touch screen fone frustreer die blou rok uit my uit!

Kiepie ·

Nee Monica, jy sal nie aanvanklik op hom kan Whatsapp nie maar Whatsapp is na berigte besig om aan ‘n weergawe te werk wat wel op die foon met sy basiese internet konneksie sal kan werk.

Giellie ·

Ronel
Ek sal toelaat dat iets my rok uit my uit frustreer. Koop vir jou ene.

Koos1 ·

Een van die beste fone wat ek nog ooit gehad het. Ek stem Monica, net whatsapp en hy is myne. Dink net, jy hoef nie meer elke dag of twee keer per dag te laai nie, en geen data verrassings aan die einde van die maand nie oor apps wat jou data steel nie!!!!

Ellie ·

Koos jy kan jou foon stel om nie apps outomaties af te laai nie. Gaan na jou Playstore (android), click bo links op settings, en stel back-up opsies.

Anzi ·

Sal uitstekend wees om een te kry vir oupa wat in sy 80’s is. “Touch screen ” gaos……sit hy almal op “hold” of sny af. Kan ook meeste van die tyd nie eers antwoord nie. Sukkel met al die aksies om te antwoord….

Paul ·

Daar bestaan reeds hordes goedkoop fone wat steeds knoppies het en geen raakskerm nie. Jy kan dit koop vir minder as R300.

Snuffels ·

Wow kan nie wag nie, die beste foon ooit!. Ek sal graag wil weet wanneer die foon te koop sal wees hier by ons

Reinhardt ·

Hoe is R800 te duur? Die nuutste vlagskip fone kos in die orde van R18000…

pieter de kock ·

dit is duur, omdat jy 2 nuwe fone van ander make kan koop met presies dieselfde funksies.

Chris Ws ·

Ek sal nie skroom om vir my en my vrou elk een te koop nie.Dan bere ons die so genaamde “slim” fone in die kluis vir die nageslag.Hulle kan maar met die goed sukkel.Dis alewig ‘n proses om net te bel of ‘n boodskap te stuur met die “touch screen” gemors.Noem my maar oudtyds maar ek en my vrou het rekenaars so ons het nie al daai onnodige funksies in ‘n foon nodig nie.En whatsapp irriteer my net.

pieter de kock ·

daar is reeds baie fone op die mark met presies dieselfde spesifikasies vir onder R300.

Bocalier ·

Ai, die inflasie darem, Sondag is hy bekend gestel teen 49 Euro of 42 Pond, nou sommer 10 Euro meer.

charlene ·

Net 2 vrae – 1. As ek hom laat val gaan dit my R 2000.00 kos om te herstel??? 2. As hy ook in die toilet val – gaan hy nog werk???? (Ek het `n Nokia 3310 daai tyd gehad en het seker nog `n jaar na die toilet voorval gewerk). As ja verkoop ek nou my samsung note en koop vir my `n Nokia!!

Gys ·

As die foon met die internet kan connect sal hy sleg wees. Al die nuwe fansie fone se ontvangs is sleg. Die ou selfone wat nie op die internet kan gaan nie was die beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.