Solidariteit-lede: Dié app kan jou lewe verryk

selfoon-selfoondata-slimfoon

Foto: Trofos/Pexels.com

Die vakbond Solidariteit se splinternuwe lidmaatskap-app beloof om lede van dié organisasie meer doeltreffend by te staan.

Die app vergemaklik kommunikasie tussen die lid en mede-lede. Dit bied verder ook werkbare oplossings en hou lede op die hoogte van sake van belang.

Jaco de Lange, afdelingshoof van lede-administrasie by Solidariteit, sê dié app is ʼn baanbreker omdat dit ʼn gevorderde en regstreekse kommunikasiekanaal tussen lede skep. “Dit is nou moontlik vir lede om lidmaatskapkaarte elektronies te bekom, navrae rakende die beweging aan die vakbond te rig, vriende te verwys en altyd ingelig te wees,” sê De Lange.

De Lange sê dié app stel lede ook in staat om hul persoonlike inligting op ʼn gerieflike en vinnige manier op te dateer en dit verskaf maklike toegang tot die vakbond se webwerf, Twitter-platform en regsartikels.

“Met hierdie app sit ons die mag terug in die lede se hande en dit beloof om ʼn veeleisende taak soos lidmaatskap-administrasie baie makliker en toegankliker te maak.”

Dié app kan op jou slimfoon of tablet afgelaai te word.

Klik hier om die app af te laai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CDP ·

Die Vakbond beteken niks vir die gewone man op straat nie. As jou saak nie groot media dekking gaan kry nie kan jy maar vergeet dat dit vir hul ‘n prioriteit gaan wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.