Sonkrag en energiebergingstelsels

Foto verskaf deur ANH

ANH Technologies (Edms) Bpk. is ʼn oplossingsgedrewe verskaffer van hoë kwaliteit sonstelsels en energiebergingstelsels. Daarom voer ANH slegs hoë kwaliteit Duitse produkte in en gebruik en versprei dit landswyd en in suidelike Afrika.

ANH streef daarna om hom te onderskei van ander verskaffers van sonkragstelsels en verwante produkte deur nie ʼn “een stelsel pas almal”-benadering te volg nie. ANH volg deurlopend ʼn holistiese benadering tot sy kliënte se behoeftes.

Die maatskappy onderneem ʼn volledige analise en ontleding van ʼn voornemende kliënt se eiesoortige behoefte, huidige kragverbruik en bestaande infrastruktuur en ontwerp dan ʼn doelmatige, optimale en kostedoeltreffende stelsel vir die kliënt se bepaalde omstandighede. ANH volg ook ʼn beproefde proses van bestuurde implementering van ʼn stelsel, vanaf die wisselrigters, installering, opwekking en berging van energie.

ANH verskaf stelsels vanaf klein tot groot wat sonhuisstelsels, residensieel, kommersieel asook nutsmaatskappye insluit. Die kliënt kan ook kies of hy aan die netwerk gekoppel wil bly, ʼn netwerk bystandstelsel wil bekom of ʼn stelsel wil hê wat nie aan die netwerk verbind is nie. ANH kan die stelsel ook op so ʼn wyse ontwerp dat die kliënt oor tyd kan promoveer vanaf gekoppel aan die netwerk tot heeltemal ontkoppel.

Wat betref diens en naverkoopsorg werk ANH slegs deur geakkrediteerde installeerders wat persoonlik gekies is en reël gereeld opleidingsessies om te verseker dat hulle deurlopend op hoogte is van verwikkelinge in die mark. ANH se eie hoogs gekwalifiseerde span neem gereeld deel aan opleiding en besprekings met verskaffers om dié inligting dan aan installeerders deur te gee. ANH verskaf ook deurlopend ondersteuning en advies aan sy kliënte wat gereelde toets van batterye insluit. Aan die batterykant verskaf ANH ook oplossings vir elektriese sleepvoertuie en die vurkhyser- en nutsvoertuigmark.

Besoek ANH by Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.