SuperSport tydelik op alle DStv-pakkette

MultiChoice het aangekondig dat hy SuperSport vir al sy DStv-kliënte op al die pakkette gaan beskikbaar stel.

Kliënte op die DStv Access-, Family-, Compact- en Compact Plus-pakkette sal van Vrydag 13 Julie tot 31 Julie gratis toegang hê tot al 13 SuperSport-kanale.

Volgens DStv sal dit beteken al sy kliënte het toegang tot verskeie sporthoogtepunte soos Sondag se Sokkerwêreldbeker-eindstryd, die Wimbledon-eindstryd van die mans en vroue, die Duitse en Hongaarse Formule Een, die Superrugby-uitspeelrondes, belangrike atletiekbyeenkomste, die Tour de France, krieket en die Britse Ope-gholftoernooi.

“Sport het ʼn mooi manier om vriende en familie te herenig en partykeer selfs vreemdelinge. Dit is ons manier om vir ons kliënte dankie te sê vir hulle ondersteuning,” het Mark Rayner, hoofbedryfsbeampte van MultiChoice, gesê.

Kliënte sal ook die sportgebeure regstreeks op DStv Now kan volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Danie ·

Hulle sal net daarin slaag om die te trek wat fanaties is oor sport. Dié vir wie sport net deel van die geheel uitmaak (en nie so baie omgee of dit beskikbaar is of nie) is reeds besig of het al klaar ander keuses gemaak.

Snuffels ·

En hoe word daar vir my dankie gese wat die vol pakket betaal teen n belaglike prys? So dit wys n middelvinger vir die mense wat die meeste betaal

Judge Dredd ·

Beloon jouself deur na ‘n goedkoper pakket te migreer.

Joe Hall ·

Oorgrote meerderheid het reeds, soos vereis word, Juliemaand se volprys betaal.
Hierdie toegewing is slegs vanaf 13 Julie tot 31 Julie geldig en sal waarskynlik na 31 Julie verdwyn.

Michael Pretorius ·

Is dit nie ook wanneer Mnr Wilemse weer terug is by Supersport nie. Dan kan almal hom weer geniet

Leon ·

Dankie, maar nee dankie, DStv sien my NOOIT weer nie, want alles word herhaal maand na maand, en sport (DStv Sport) word deur ons wonderlike regering beheer met kwotas sodra dit by sekere sportsoorte en spelers kom. Iets om van naar te word.

Piet Pompies ·

Blykbaar het DSTV heelwat vol pakket intekenare verloor die afgelope tyd, die skuld daarvoor word geplaas op Internet flieks. DSTV vol pakket het vir ons ook onbekostigbaar geword, ons Internet konneksie word binnekort installer teen R900 pm. Dit bied my die geleentheid om te kyk wat ek self kies en ‘n verlaging van data koste op 4 selfone. Dan groet ons ook DSTV. Gee maar die gratis diens aan ander ten koste van vol pakket intekenare, seker met die hoop om guns te koop. Koop guns is nie volhoudbaar en kom terug om jou te byt.

Anoniem ·

Hi ek het dit ook gedoen. Ek het DSTV afgesit en ek het internet “uncapped” gekry en dit is vir n goedkoper prys as DST premium. Ek het al vir die laaste 2 maande seker duisende goed op die internet gekyk en ek het nie een ding herhaal wat ek al gekyk het nie. Dan dink ek ek het seker ook nog nie eers 1/10000000000000000 goed wat beskikbaar is gekyk nie ,so ek dink almal moet oor die DSTV ding kom en ons moet druk op hulle sit om dit beter te maak . net so nota vir die wat nie weet nie: Baie of selfs die meeste van DSTV se programe is uitlik al n paar jaar oud en nie die nuutse goed nie. So jy betaal vir herhaaldelike ou programme.

Meneer ·

Hulle raak desperaat en hoop meer mense sal aan die einde van die maand opgradeer na die premiumpakket toe. Oor die laaste jaar het hulle reeds 41000 premium intekenaars verloor.

Callie ·

Ek was een van die wat afgegradeer het. Het myself verbaas oor hoe maklik en lekker ek sonder kwota rugby klaarkom. Weet nie eers meer watter spanne speel Saterdae nie. Dit was lekker toe currie cup nog rugby was. Was lekker toe spanne nog presteer het. Totsiens Loftus. Nag ou Grote. Hou maar julle rugby kanaal. Sal dalk weer belangstel as spanne op meriete gekies word, want dan sal wen ook weer terug kom

Chris Ws ·

het jare gelede al my premium pakket afgradeer na Compact toe en daar sal ek bly.Die’ foefie van MultiChoice sal nie werk nie want ek steur my nie aan sport nie.Maar dis duidelik hulle probeer nog o . . . . l mense vang om die premium pakket te vat.

p ietr kruger ·

Ek was 30 jaar by M net.
Hulle will ons net met Rugby,wat n 1000 n maand kos .die flieks is swak .
Hulle help net ander kleuriges om in die t.v. veld in te kom.
Wie het hulle aan die begin, op die been gebring,. ek was een van hulle.
Nou will hulle julle laat gewoont maak aan sport sodat julle oor skakel na die R1000 n maand paket.
Daar is lewe sonder Mnet . skakel af.
Jy sal uit vind dat die mense saam wie jy bly einlik nice mense is.
Ek support eerder pirate dvd s voor Mnet.

Bees ·

Dit gaan my nosteeds nie oortuig om dstv aan te sit nie. Om dit te kanseleer was die beste besluit ooit.

Johan ·

Dit is nie vir alle intekenare nie. Ek het die ou Select 2 pakket, dit kos dieselfde as die Compact pakket. En ons kan nie daardie kamtige gratis kanale kyk nie.

Wurmpie ·

En wat van ons arm mense met die easyview opsie. Hoekom word ons uitgesluit van die pakket

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.