Toshiba Tech – ekovriendelik in jou kantoor!

Toshiba Tech is al sedert 2002 een van Suid-Afrika se vooraanstaande handelaars in kopieermasjiene en kantooroutomate.

Wat maak Toshiba Tech uniek?

– maand-tot-maand verhuring van kopieermasjiene
– ekovriendelike kantooroutomatisering-oplossings
– MPS – “Managed Print Software”-oplossings
– hoogste klantgeoriënteerde diensvlakke
– demonstrasies op die perseel vir jou doelgemaakte oplossing
– geen vaste kontrakte nie
– finansiering vir jou kantooroplossings

Deurbraak-produk in 2019

Toshiba Tech SA het onlangs die splinternuwe “ECO Multifunction Printer” (MFP) bekend gestel en dit maak groot opslae in die mark. Dit is die wêreld se eerste monochrome stelsel wat ʼn uitwisserfunksie het. As die enigste maatskappy met dié uitwissertegnologie is dit dus ʼn uitstekende byvoeging tot hul vloot van MFP’s.

Die maatskappy het onlangs ook ʼn algehele klein- tot mediumgrootteondernemingsoplossing bekend gestel en bied nou elke maak en model in Suid-Afrika deur sy nuutgestigte handelsmerk Copiersafrica.

Waarom Toshiba Tech se kliëntebasis bestendig bly op 99%+

Toshiba Singapoer lê besoek af

Toshiba Tech streef daarna om die beste diensvlakke in die mark te bereik en het ʼn bewese prestasierekord in kliënteondersteuning. Die maatskappy verskaf diens aan staatsdepartemente en verskeie staatsbeheerde ondernemings met ʼn volledige lys van bykomende staatskantore.

Toshiba Tech volg al die reëls van die bedryf en het gevolglik seker gemaak dat al sy masjiene gesertifiseer is om 100% seker te maak dat die klant ontvang wat belowe is wat betref produkvermoë.

Kaizen (改善) is die Japannese woord vir “verbetering”. Toshiba Tech SA glo sterk in die kaizen-manier. In besigheid verwys kaizen na aktiwiteite wat deurgaans alle funksies verbeter en waarby alle werknemers – van die uitvoerende hoof tot die monteerbaanwerkers – betrek word. Dit het intussen oor die wêreld heen posgevat en word toegepas op omgewings buite die besigheid- en produktiwiteitsbedryf.

“Ons agentskap kan nie oorleef sonder die voortgesette sakeoutomatiseringsondersteuning deur die span van Toshiba Tech nie,” het sê Louis Schoeman, besturende direkteur van SEOPros.

Watter vlak van kundigheid kan jy verwag van Toshiba Tech?

Toshiba Tech bou voort op sy toewyding om gebruikerervaring te verbeter en het gevolglik sy Elevate™ 2.0 MFP-doelgemaakte platform bekend gestel.

Alhoewel dié platform nou eers bekendgestel is, het die nuwe Toshiba MFP-oplossing reeds die gesogte 2019 Keypoint Intelligence-Buyers Lab Pick-toekenning ontvang vir uitnemende MFP-doelgemaakte instrument. Buyers Lab Pick is uniek in die bedryf. Dié toekennings is welverdiend omdat dit gebaseer word op streng toetse, insluitend ʼn omvattende assessering van die volhoubaarheid en ʼn evaluering van sleutelkenmerke soos bruikbaarheid, beeldgehalte en waarde.

“Elevate 2.0 verteenwoordig ʼn skuif in die bedryf, omdat dit ons herverkopers in staat stel om Toshiba e-STUDIO MFP’s te verpersoonlik sodat dit voldoen aan die spesifieke werksvloei van elke kliënt,” het Kingsley Chambers, uitvoerende direkteur van Toshiba Tech SA, gesê. “Hierdie vlak van aanpassing vir kliënte stel organisasies in staat om baie meer doeltreffend en produktief te werk.”

Besoek die webwerf vir meer besonderhede oor jou doelgemaakte oplossing:
Toshiba Tech SA
Toshiba Copiers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.