Uber ly miljarde se verlies

Argieffoto

Uber het die afgelope kwartaal ’n verlies van sowat R79 miljard ($5,2 miljard) gely.

Forbes berig die internasionale aanlyn-taxidiens se verlies in vanjaar se tweede kwartaal word toegeskryf aan $ 3,9 miljard se aandelekoste verbonde aan sy beursverhandeling. Om sake te vererger was die maatskappy se omsetgroei die afgelope kwartaal die stadigste nog met net 14% meer as verlede jaar dié tyd.

Die verliese het weer eens vrae laat ontstaan oor Uber se sakemodel en die volhoubaarheid daarvan op die lang termyn.

Uber het ten spyte van sy mistroostige situasie wel sy maandelikse kliëntebasis en wêreldwye besprekings met byna ʼn derde laat toeneem. Die taxidiens se wêreldwye besprekings het ook sowat $15,8 miljard bereik met ʼn jaar tot jaar-groei van 31%.

Sy maandelikse kliënte staan nou op 99 miljoen.

Die maatskappy, wat tot op hede nog nie winsgewend was nie, het in Julie die krane begin toedraai met die aflegging van 400 van sy bemarkingspersoneel. Uber se uitvoerende hoof, Dara Khosrowshahi, het intussen beleggers probeer gerusstel dat die maatskappy op ʼn latere stadium meer kontantvloei-positief kan wees.

ʼn Enkele ligpunt is in dié stadium die vertakking UberEats wat met 72% op ʼn jaargrondslag tot sowat R9 miljard ($ 595 miljoen) toegeneem het vergeleke met die 14% algemene groei van Uber, berig Financial Times.

UberEats se maandelikse kliëntebasis het met 140% toegeneem.

Uber beraam dus nou planne om nog soortgelyke dienste te lewer onder meer die aflewering van kruideniersware. Dit sal egter weer bedryfskostes opjaag.

Anders as Uber, het sy Amerikaanse mededinger Lyft verwag om minder geld in 2019 te verloor as wat voorheen voorsien is. Lyft se verdienste vir die tweede kwartaal, wat Woensdag aangekondig is, toon dat dié maatskappy beter gedoen het as wat verwag is en het dus sy verliesberamings vir die jaar aangepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann cb ·

Dit is slegs ‘n klomp lui mense wat van UberEats gebruikmaak!

Eugene ·

Johan, ek neem aan jy is so fluks dat jy jou eie groente kweek in jou tuin ook

Wielspore ·

Uber het nie beheer en weet nie watse bedrag geld tussen die eienaar van die voertuig en klient verwissel word. Geen beheer, groot verliese.

Eleni M ·

Daar wissel geen geld tussen die bestuurder en die passasier nie. Die transaksie vind plaas op ‘n app en betaling per kredietkaart.

Matt ·

Wielspore, jy is reg. Daar word privaat met van die eienaars onderhandel. Jy bestel ‘n Uber dan onderhandel jy privaat. Uber het nie beheer nie.

Gert van Wierdapark ·

Sal nie verbaas wees as voormalige Eskom of Sauk manne nou by Uber betrokke is nie! He-he-he!!!

jaco ·

Ek was in die taxi/shuttle vervoerbedryf, so my kommentaar is gebaseer op feite en ondervinding:
uber het begin as n besigheid waar die drywer sy eie motor verskaf en dan stuur uber vir die drywer die besprekings. alles klaar betaal, maar die passasier was welkom om die drywer te tip. aangesien die kanaal direk aanlyn tussen die drywer en uber se hoofkantoor was, was die tariewe vir verskeie roetes laer as met shuttle en taxibesighede waar die drywer die besigheid se motor bestuur en die tariewe dus meer is.
MAAR toe raak Uber gulsig en laat taxi en shuttle besighede om ook deel van Uber te word. Die lae tariewe het egter dieselfde gebly.
Die gevolg:
1. die drywers maak minder geld, want n deel van wat vir elke trip betaal word moet nou gaan na die taximaatskappy vir hulle admin mense se salarisse en instandhouding van die voertuie. Drywers werk dus al hoe langer om steeds n leefbare inkomste te kry.
2. Uber drywers slaan ORAL uit om klandisie te soek. gevolglik word hulle aangeval, aangerand en selfs vermoor deur drywers van ander vervoerbesighede.

Dis absoluut absurd dat dinge sover gegaan het. Dis ook uiters vreemd dat die Staat (Dept van Vervoer) NIKS aan die toedrag van sake doen nie/

Wet ·

Ek gaan nie jou feite betweifel nie maar die besigheidsplan van Uber het te vinnig ekononomies ekponensieel ontplof. Ek onthou van die biljoene dollars wins in die eerste jaar of 2. Dis een ding on biljoene te maak dis ‘n ander om dit te behou

Elsabé ·

Jy het vergeet om te noem, dat die Uber drywers wat motors huur, tussen R2500.00 & R3000.00 per week moet betaal aan die eienaar van die voertuig wat hulle huur. Dan moet hulle nog brandstof ingooi ook. Vele Uber drywers het dit al aan my genoem. Hulle sukkel om ‘n geldjie te maak om vir hulle geliefdes te sorg. Kan julle dink…min R10 000 pm om die voertuig te huur, en wie weet hoeveel brandstof moet bykom. Dan moet hulle nog 25% van elke rit aan Uber betaal vir admin ens. Hoeveel ritte moet hierdie mense afhandel per maand om dit finasieel werkbaar te maak vir hulle. Die drywers word uigebuit deur die voertuig eienaars om mee te begin. Ek maak daagliks van Uber gebruik, en die drywers is al soos familie. Hulle praat met die kliënte.

Connie ·

Hulle doen nie die wil van die Here nie.. Agter geld aan en gulsig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.