Uber ly miljarde se verlies

Argieffoto

Uber het die afgelope kwartaal ’n verlies van sowat R79 miljard ($5,2 miljard) gely.

Forbes berig die internasionale aanlyn-taxidiens se verlies in vanjaar se tweede kwartaal word toegeskryf aan $ 3,9 miljard se aandelekoste verbonde aan sy beursverhandeling. Om sake te vererger was die maatskappy se omsetgroei die afgelope kwartaal die stadigste nog met net 14% meer as verlede jaar dié tyd.

Die verliese het weer eens vrae laat ontstaan oor Uber se sakemodel en die volhoubaarheid daarvan op die lang termyn.

Uber het ten spyte van sy mistroostige situasie wel sy maandelikse kliëntebasis en wêreldwye besprekings met byna ʼn derde laat toeneem. Die taxidiens se wêreldwye besprekings het ook sowat $15,8 miljard bereik met ʼn jaar tot jaar-groei van 31%.

Sy maandelikse kliënte staan nou op 99 miljoen.

Die maatskappy, wat tot op hede nog nie winsgewend was nie, het in Julie die krane begin toedraai met die aflegging van 400 van sy bemarkingspersoneel. Uber se uitvoerende hoof, Dara Khosrowshahi, het intussen beleggers probeer gerusstel dat die maatskappy op ʼn latere stadium meer kontantvloei-positief kan wees.

ʼn Enkele ligpunt is in dié stadium die vertakking UberEats wat met 72% op ʼn jaargrondslag tot sowat R9 miljard ($ 595 miljoen) toegeneem het vergeleke met die 14% algemene groei van Uber, berig Financial Times.

UberEats se maandelikse kliëntebasis het met 140% toegeneem.

Uber beraam dus nou planne om nog soortgelyke dienste te lewer onder meer die aflewering van kruideniersware. Dit sal egter weer bedryfskostes opjaag.

Anders as Uber, het sy Amerikaanse mededinger Lyft verwag om minder geld in 2019 te verloor as wat voorheen voorsien is. Lyft se verdienste vir die tweede kwartaal, wat Woensdag aangekondig is, toon dat dié maatskappy beter gedoen het as wat verwag is en het dus sy verliesberamings vir die jaar aangepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann cb

Dit is slegs ‘n klomp lui mense wat van UberEats gebruikmaak!

Wielspore

Uber het nie beheer en weet nie watse bedrag geld tussen die eienaar van die voertuig en klient verwissel word. Geen beheer, groot verliese.

Gert van Wierdapark

Sal nie verbaas wees as voormalige Eskom of Sauk manne nou by Uber betrokke is nie! He-he-he!!!

jaco

Ek was in die taxi/shuttle vervoerbedryf, so my kommentaar is gebaseer op feite en ondervinding: uber het begin as n besigheid waar die drywer sy eie motor verskaf en dan stuur uber vir die drywer die besprekings. alles klaar betaal, maar die passasier was welkom om die drywer te tip. aangesien die kanaal direk aanlyn tussen die drywer en uber se hoofkantoor was, was die tariewe vir verskeie roetes laer as met shuttle en taxibesighede waar die drywer die besigheid se motor bestuur en die tariewe dus meer is. MAAR toe raak Uber gulsig en laat taxi en shuttle besighede… Lees meer »

Willem Grobler

Iewers skep iemand té veel van die room af.