Vandag is internasionale dag vir kubervryheid

Argieffoto

Argieffoto

Internasionale dag vir kubervryheid word sedert 2008 elke jaar op 12 Maart gevier.

Die viering is die gesamentlike breinkind van Amnestie Internasionaal en Verslaggewers Sonder Grense en word deur die meeste groot internetmaatskappye ondersteun.

Ter wille van vandag se viering het Verslaggewers Sonder Grense aangekondig dat dié instansie verskeie “spieëlbeeld”-webwerwe geskep het en op die “kuberwolk” geplaas het om blokkerings daarvan in lande soos Rusland, China, Iran, Saoedi-Arabië en Kuba te omseil.

Volgens Verslaggewers Sonder Grense bevind altesaam 175 joernaliste wat hulle op die internet toespits, hulle nou wêreldwyd agter tralies. Dit is meer as die 160 “gewone” joernaliste wat nou in aanhouding is.

Maroela se ope brief aan internetjoernaliste in aanhouding

Dit is vandag die internasionale dag vir kubervryheid, maar volgens Verslaggewers Sonder Grense bevind altesaam 175 kuberjoernaliste hulle nou wêreldwyd agter tralies. Dit is meer as die 160 “gewone” joernaliste wat in aanhouding is.

Maroela Media betuig hiermee sy innige meegevoel uit met diegene wat in aanhouding is, soms onder haglike omstandighede wat selfs met marteling gepaard gaan.

Ons veroordeel regerings wat hul burgers die demokratiese vryheid misgun om inligting te bekom en te versprei.

Ons glo egter ook dat die internet nie gebruik moet word om terreur en permissiewe materiaal soos kinderpornografie te versprei nie en steun

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.