Verlore ruimtevaarder wil huis toe kom

Argieffoto

Argieffoto

Ons almal ken teen dié tyd die vreemde e-posse wat jou versoek om ʼn klein bedraggie te betaal in ruil vir miljoene wat jy binne ʼn paar maande sal ontvang.

Nou is daar ʼn splinternuwe weergawe van dié slenter: die lot van die arme Abacha Tunde – glo die eerste ruimtevaarder van Nigerië, wat onwetend aan boord ʼn geheime Sowjet-ruimtestasie agtergelaat is, toe die Sowjet-Unie, volgens die e-posboodskap, in 1990 ontbind is (dit was eintlik in 1991).

Die webwerf Anorak het een van dié e-posse ontvang en dit gepubliseer. Volgens die boodskap het Tunde nog steeds sy salaris ontvang, en dit beloop tans $15 miljoen. Altesaam 20% kan aan jou behoort – indien jy bereid is om $3 miljoen te betaal vir ʼn retoervlug om Tunde te gaan haal. Hy het egter iemand anders se hulp nodig om die geld te betaal, aangesien die wet glo staatsamptenare verbied buitelandse rekeninge te bedryf.

Daar was egter nog geen Nigeriër in die ruimte nie, en dit sou ook nie nodig wees om só lank in die ruimte te bly nie, aangesien daar intussen talle vragvlugte plaasgevind het. Volgens die e-pos is Tunde ook al 14 jaar in die ruimte, alhoewel hy al in 1990 gestrand is.

Dis nie moontlik om te bepaal of die e-pos waarlik ʼn poging was om iemand om die bos te lei, en of dit moontlik net ʼn satire was nie.

Die e-pos van die slenter wat aangestuur word

Die e-pos van die slenter wat aangestuur word


Lees die volledige brief: Anorak

Dit herinner aan Matt Damon se onlangse fliek, The Martian:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vliegie ·

LOL en daar gaan ‘n dom donnels wees wat die snert glo…..daar is altyd een……

manie ·

Ja. Dan lees mens daarvan in n koerant. Dan word die onnosele uitgejou oor hy/sy domgeit en ander wat hom/haar jammer kry oor sy/haar verlies. Haha. Lol.

Retief ·

Due knaap kan miljarde dollar verdien as hy nou terugkom aarde toe, want hy sal die wêreld se honger mense kan leer om soveel jaar op so min te lewe, want mens aanvaar die kos wat daar in die ruimtetuig was, is lankal op. Die watertjie sook! Maar hy hou nou nog! Die grap en die lieg van die eeu!

Johann ·

Ek wonder wie het onlangs die sagteware op sy rekenaar opgradeer! Daardie (fiktiewe) persoon sal weet waar om die arme man te vind! Hy word dan ook skatryk! Ha, ek het nou lekker gelag.

Akram ·

Genugtig. n nigerieer lost in space? Hierdie scams is ook bekend as 419 scams. besoek die weblad 419eater.com. dis komies om te sien met watter idees die mense opkom mee. ek moet ook saamstem dat daar wel mense is wat sal val vir die plan. geniet die dag.

alida ·

Glo my daar is mense wat die bollie gaan glo !!!! Mense leer mos nie.

TM ·

Dink net aan al die stories wat die man kan vertel van alles wat hy in die 14 jaar in die ruimte gesien het. Dit moet ongelooflik wees! Ek begin sommer nou geld insamel. Ek wil alles hoor……alles!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.