Verslag toon dié selfoonnetwerk troon weer bo uit

Argieffoto

MyBroadband het Woensdag vir die tweede agtereenvolgende keer die internetdiensverskaffer MTN as die beste selfoonnetwerk in Suid-Afrika aangewys.

Dié selfoondiensverskaffer het weer die titel opgeraap nadat Suid-Afrika se gewildste selfoonnetwerke aan meer as 142 000 spoedtoetse onderwerp is – byna 25 000 toetse meer as die vorige verslag.

Die spoedtoetse vir die verslag is tussen 1 Januarie en 1 Maart afgelê. Volgens dié toetse het MTN onder meer die vinnigste gemiddelde aflaaispoed van 24,12 megagrepe per sekonde.

Vodacom is weer in die tweede plek met ʼn gemiddelde aflaaispoed van 21,62 megagrepe per sekonde en word gevolg deur Cell C met ʼn gemiddelde aflaaispoed van 15,95 megagrepe per sekonde.

MTN het in die verslag ʼn totaal van 9,92 uit 10 punte verwerf – 0,6 minder as in die verslag wat verlede jaar saamgestel is. Vodacom (9,01) is weer tweede. Dié keer is Cell C in die derde plek met 6,721 punte (teenoor 6,41 van verlede jaar) en Telkom in die vierde plek met 6,54 (teenoor verlede jaar se 6,72 punte).

Die verslag toon MTN se diens is die beste in Gauteng, dan in Durban en word gevolg deur Kaapstad.

Oor die algemeen het diensverskaffers in Suid-Afrika ʼn gemiddelde aflaaispoed van 20,03 megagrepe per sekonde en ʼn oplaaispoed van 9,08 megagrepe per sekonde.

Vir ʼn meer volledige verslag, besoek MyBroadband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Haha! Kan maar net lag. Dis seker van onder na no gelees MTN swakste diens in SA! Het slegs uiters swak diens van MTN gekry en is toe terug na Vodacom- baie beter! MTN is ook die duurste!

Dewald ·

Ek wonder ook waar en hoe word die toetse gedoen seker by MTN se kantore. Hulle is by verre die swakste. Teken by huis met VPN aan deur MTN en afhangende van watter vertrek ek sit is die sein of uiters swak of baie goed. Het Vodacom en Telkom ook en glo my MTN kan nie by hulle kers vashou nie. Was nog nooit en sal nooit MTN gebruik privaat nie.

Pieter ·

Sjoe! MTN het dus laasjaar 10.52 uit 10 gekry (0.6 méér as die huidige 9.92 uit 10). Dit is voorwaar briljant! Tog jammer dat hulle nie weer meer as volpunte behaal het nie. Is dit as gevolg van apartheid?
Skuus dat ek vra…

Jordaan ·

Moet net nie probeer om iets by enige van die netwerke se sogenaamde klientediens probeer uitsorteer nie! Ure se frustrasie en herhaalde oproepe.

Johan du Toit ·

ek dink dat Broadband eerder die mense moet vra wat hulle van MTN dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.