[Video] Dié app is ‘soos oë’ vir blindes

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Dit was in 2012 toe Hans Jorgen Wiberg, ʼn blinde man van Denemarke, byna ʼn hele inkopierak in ʼn winkel omgestamp het op soek na skottelgoedwasseep. Wiberg het daar en dan besluit: As motors sonder pedale vervaardig kan word en mense vanuit hul slaapkamers banksake kan doen, kan daar ook ʼn app wees wat blindes help inkopies doen.

Só vertel hy aan die webwerf Brailleworks oor die vervaardiging van die “Be my eyes”-app.

Dié app, soortgelyk aan talle ander soos “Aipoly Vision”, werk op verskeie maniere. Gebruikers kan onder meer deur middel van ʼn video-oproep hul slimfone na kruideniersware, of enige ander items, hou, sodat ʼn vriend, wat met die blinde persoon se selfoon verbind is deur middel van die video-oproep, die produkte vir hulle kan identifiseer. Dit is dan as’t ware asof iemand saam met jou die inkopies doen.

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die merkwaardige deel van die app is egter dat die blinde in staat is om sonder die hulp van ʼn ander persoon items te identifiseer. Dieselfde tegnologie wat onder meer in selfaangedrewe motors gebruik word, stel die slimfoon in staat om deur “slimtegnologie” items soos ʼn koppie, telefoon en tafel te identifiseer. Die app kan ook onderskei tussen kleure, soos babapienk of poeierpienk, en handelsmerke soos Coca-Cola of Pepsi.

Laai “Be my eyes” vir Android of iOS af. “Aipoly Vision” is tans net op iOS beskikbaar.

Bron: Brailleworks, Be my Eyes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.