In hierdie dorpie in die sogenaamde “stil sone” word geen selfone of mikrogolfoonde toegelaat nie en die gebruik van WiFi word ook streng beheer.
Green Bank in Wes-Virginië in Amerika is die tuiste van die wêreld se grootste radioteleskoop, en die navorsers poog om enigiets wat moontlik die data kan beïnvloed, te beperk.
Dit is nou ook ʼn heenkome vir persone wat glo elektromagnetiese velde is skadelik.