Video: Jou persoonlike volumeknoppie

Só lyk die Here-oorfoontjies

Só lyk die Here-oorfoontjies

ʼn Nuwe produk, genaamd “Here”, word binnekort vrygestel – dit is ʼn stelletjie oorfone wat jou in staat stel om die klank van eksterne geluide te beheer.

Noah Kraft, uitvoerende hoof van Doppler, die maatskappy wat Here vervaardig, noem dit “supermens-gehoor 1.0”.

Die oorfone koppel met ʼn app op jou slimfoon en dan kan jy kies of jy ʼn baba se gehuil of ʼn hond se geblaf wil sagter stel, of selfs die klank “beheer” by ʼn musiekkonsert.

Die maatskappy het die projek op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter gelaai en vinnig hul teiken van $250 000 gehaal. Uiteindelik beloop die finansiële ondersteuning wat hulle uit dié webwerfprojek ontvang, $635 000 en ongeveer 2 500 ondersteuners wêreldwyd sal eerste die produk ontvang.

Die produk word na verwagting in Desember 2015 aan die ondersteuners versprei en sal moontlik daarna aan die wyer publiek beskikbaar gemaak word teen $249 vir ʼn stelletjie.
Lees meer: Wired, Business Insider
Besoek die maatskappy se webwerf.
Volg die produk op Facebook.
https://youtu.be/EveD-Qf97bQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

christel ·

Ek sal dadelik een koop, my man kan glad nie geraas verdra nie, hy maak sy eie geraas om die ander tehoor nie. Dit sal my lewe soveel rustiger maak. Kan nie wag nie.

Johan 2 ·

Sal dadelik een koop…as dit motorfiets windgeraas kan uitsny.

Grotman ·

As dit studente se lawaai kan weg vat dan is ek op die lys vir n stel asb. Hanteer myne asb as uiters dringend anders gaan ek binnekort aan moord skuldig bevind word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.