Video: Nuwe MacBook Pro bekend gestel

MacBook Pro (Foto: gadgets.ndtv.com)

MacBook Pro (Foto: gadgets.ndtv.com)

Apple het Donderdag amptelik sy nuwe MacBook Pro bekend gestel.

Die skootrekenaar word in 13 duim en 15 duim-variante vrygestel, maar daar sal nie ʼn 11 duim-weergawe beskikbaar wees nie.

Een van die grootste veranderinge aan die nuwe MacBook Pro is die raakstrook (“touch bar”) op die toetsbord. Gebruikers kan dié raakstrook gebruik om verskeie funksies op die skerm uit te voer.

Die skootrekenaar is ligter en dunner as sy voorgangers en baie vinniger.

Die sogenaamde “Force Touch trackpad” is byna twee keer groter en twee luidsprekers verseker dat die volume byna 58% hoër is.

Die MacBook Pro het egter geen poorte waarmee ander toestelle, soos jou iPhone of iPad maklik kan konnekteer nie. Die MacBook Pro het vier Thunderbolt 3 USB Type C-poorte. Gebruikers sal dus ʼn bykomende aansluitproppe moet aanskaf.

Die MacBook Pro het ook nie ʼn poort vir SD-kaarte nie.

Die MacBook Pro het wel ʼn 3.5 mm-poort vir oorfone of luidsprekers. Die nuwe Lightning EarPods wat onlangs met die iPhone 7 vrygestel is, kan ook nie met die MacBook Pro verbind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Konneksie ·

Nee dankie, vir my is dit belangrik om toestelle maklik sonder n graad in elektroniese ingenieurswese te kan koppel en fotos ens. oor te dra.

TM ·

So al wat beter is, is die spoed. Die res is slegter as die vorige model. Regtig Apple, weet julle regtig wat julle kliente wil hê, doen julle ooit marknavorsing? Ek self gebruik die Macbook Pro en soos hy tans is sukkel ek al klaar om gemaklik te werk, want ek moet altyd planne maak sodat hy met ander toestelle kan “praat” of saamwerk. Ek is jammer maar ek oorweeg dit nou sterk om eerder terug te gaan na Microsoft produkte toe. Om nie eens voorsiening te maak dat jou produk met jou eie produkte kan werk nie verstom my. Hierdie is net belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.