Derrick Johns van Austin in Texas, Amerika, het kopgehou toe sy 16-jarige dogter in ʼn sleurstroom beland het. Hy het haar selfie-stokkie gegryp om te verhoed dat sy verder in die see ingetrek word, berig die Boston Globe.
Die voorval het in Nantucket, Massachusetts, plaasgevind. Erynn was besig om ʼn GoPro-video te neem toe sy in die sleurstroom beland het. Haar pa het die selfie-stokkie gegryp en haar ma kon haar na vlakker water sleep.
Lewensredders het intussen ook haar pa uit die stroom gered.
‘n Selfie-stokkie is ‘n toestel waaraan ‘n selfoon of GoPro-kamera vasgemaak kan word en waarmee ‘n persoon gewoonlik selfies neem.
https://youtu.be/k1-z2Msk8lo