Video: Slimste truuks vir jou selfoonkamera

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Hierdie paar eenvoudige wenke sal jou soos ʼn wafferse professionele fotograaf laat lyk met jou selfoonkamera!

Die video bied ʼn paar eenvoudige wenke hoe om byvoorbeeld onderwater met jou selfoon iets af te neem, hoe om maklik ʼn nabyskoot te neem of selfs hoe om jou panorama-foto’s op te kikker!

Die amateurfotograaf Lorenz Holder se video is reeds meer as 13.7 miljoen keer op YouTube gekyk. Holder gebruik ʼn iPhone 5S in die video, maar die truuks behoort net so maklik met enige ander slimfoon te werk.

Holder is deel van die webwerf Cooperative of Photography

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.