[Video] Wimbledon: Die tegnologie agter die skerms

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

In ʼn video wat vervaardig is oor Wimbledon, die wêreld se oudste tennistoernooi wat jaarliks in Londen gespeel word, word meer vertel oor tegnologie wat verseker dat wedstryde in dié toernooi deur verskeie televisiestasies na miljoene kykers gebeeldsend kan word.

Só lyk die toernooi agter die skerms:

  • Daar is om en by 120 kameras wat beeldmateriaal direk stuur na ʼn wêreldwye gehoor van ongeveer een miljard kykers.
  • Die beweging van die bal en die spelers word deur tien verskillende kameras dopgehou, wat beelde teen 50 raampies per sekonde neem.
  • Daar is sensors in die dak wat die vogtigheidsgraad voortdurend meet.
  • LED-skerms vertoon die spoed van die bal en die tellings van die spelers.
  • Daar is ʼn datastelsel op die LED-skerms wat al die inligting van al die wedstryde bevat.
  • Ondergrondse televisiekabels van ongeveer 177 km word gebruik om wedstryde te kan beeldsend.

Volgens die video word die “meeste van die tegnologie uit die oog gehou om die wedstryde getrou te hou aan die oorspronklike ideaal – dié van tennis in ʼn “English garden”.

Besoek die amptelike Wimbledon Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francie ·

Tegnologie is fantasties; watter voorreg om die room van die room van sportmense in my huis te kan geniet. Die fotografie vanaf Wimbledom is puik.

Louis C Prinsloo ·

Ek sal nogal uitsien na die dag wat SA ook so gevorder raak met video beeld in sport, soos die wat die rigting van die bal aangewys word presies waarheen die bal gaan.
DSTV kan tot ‘n upgrade kry wat mense toelaat om stellings te maak op die beeld, waar mense die beeld stel om te volg of af te skakel van hoë revolisies volg verwysings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.