‘Vinnige internet – in Afrikaans!’

Van bestelling tot telefoonoproep, van faktuur tot nasorgdiens sonder sukkel, huppel of haak.

Dit is wat Aitsa.com beloof wanneer hy internetdienste in Afrikaans aan kliënte lewer. Aitsa.com sal internetverbinding aan verbruikers deur optiesevesel- en ADSL-netwerke bied.

Volgens die hoof van Aitsa.com, Cornelius Jansen van Rensburg, is Aitsa.com die jongste inisiatief van Metrofibre Networx (MFN). MFN se doel is om betroubare internetdienste en -produkte aan gemeenskappe te lewer, en waar moontlik in hul eie taal.

“Suid-Afrika is ’n diverse land met ʼn ryke verskeidenheid. Hierdie diversiteit verdien erkenning en behoort in ondernemings se aanbiedinge neerslag te vind,” het Jansen van Rensburg gesê.

Aitsa.com-pakkette is nie net Afrikaans nie, maar bied ook waarde vir geld. Aitsa.com bied 100% onbeperkte (uncapped); ongevormde (unshaped) en ongeriemde (unthrottled) veselinternetpakkette vanaf R659 per maand.

Vesel-internetpryse verskil soms drasties tussen netwerkverskaffers wat beteken dat dit moeilik is om tussen gehalte en waarde te onderskei. Aitsa.com los hierdie probleem op deur standaardpryse vir hul premium pakkette te vra. ’n Aitsa.com-kliënt, hetsy in Kaapstad, Pretoria, Johannesburg of Bloemfontein, sal dieselfde diens teen dieselfde prys kan kry.

Aitsa.com maak die internet maklik. In drie eenvoudige stappe kan jy ’n bestelling plaas: KYK of jy dekking het, KIES jou pakket, en KLIK om die bestelling te voltooi. Gebruikers sal dan na hartelus hul gunstelingfilms kan aflaai, aanlyn speletjies kan speel of hul gunstelingmusiek stroom.

“Met Aitsa.com ontgin ons splinternuwe terrein vir Afrikaans. Die doel van die Aitsa.com-projek is nie om slegs ’n diens te verkoop nie, maar om Afrikaans as taal te vier. Aitsa.com beoog ook om aktief organisasies te steun wat Afrikaans en meertaligheid bevorder.

“Ons gaan ook deur die Aitsa-beursfonds behoeftige jongmense met verdere studie kan bystaan. Aitsa.com is dus meer as net ’n produk wat internettoegang bied. Dit is ’n middel waardeur elkeen op aktiewe wyse Afrikaans kan ondersteun,” sê Jansen van Rensburg.

Aitsa.com is tans beskikbaar op die Openserve- en Metrofibre-vesel-infrastruktuur, en sal binnekort op alle veselnetwerke beskikbaar wees.

Vir blitsvinnige internet met bek, besoek www.aitsa.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Schalk ·

Fantasties! Ek klap hande vir maatskappye soos die wat nie skaam is om in die behoeftes van die Afrikaanse mark te voorsien nie. En ek hoop hulle kry goeie ondersteuning van die Afrikaanse mark. Ek weet ek gaan definitief ondersoek instel na hul produk.

Mense ons moet ons voete die praatwerk laat doen. Ondersteun besighede wat ons ondersteun! Daar is absoluut NIKS fout daarmee nie.

Judge Dredd ·

Ja, hulle vry alweer na die Afrikaansprekendes se geld(startup -cash), maar dan so 5 jaar later dan verengels hulle en word die Afrikaner eenkant geskuif.

Magda ·

Fantasties. Julle is oulik man. Eksklusief Afrikaans. Dank die Vader.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.