Waarskuwing oor nuwe Facebook-virus

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Nuwe Facebook-virus doen tans die ronde en kan veroorsaak dat allerhande vreemde video’s op jou Facebook-profiel verskyn sowel as in jou vriende se private boodskappe.

Volgens die internetsekerheidsmaatskappy Eset word die kwaadwillige webblaaiertoepassing (plugin) deur Facebook versprei deur gebruikers te lok om ’n video te speel. Die video word by boodskappe of op jou tydlyn ontvang. Dit sê gewoonlik “My first video”, “My video”, “Private video” of selfs “Photo”.

Die video of foto verskyn egter nie outomaties nie en sodra jy daarop klik, word jy na ’n vals webwerf geneem en versoek om ’n bykomende uitbreiding te installeer. “Sorry, if you don’t install Video Play plygin, you will not be able to watch the video! Click ‘Add Extension’ to watch the video” sal die boodskap byvoorbeeld lees. Sodra die gebruiker die uitbreiding installeer, verskyn vals video-inskrywings op hul Facebook-profiel en word amper al die persoon se vriende in die inskrywing gemerk of hulle ontvang ’n inboksboodskap met ’n skakel na die “video”.

Volgens Eset moet die kwaadwillige uitbreiding van die persoon se webblaaier verwyder word om die virus te probeer stop. Dit blyk dat slegs Chrome-gebruikers in dié stadium die virus ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drienie van As ·

Baie dankie vir die waarskuwing. Ons is soms so bloot gestel en dit deur onkunde.

Hannelie ·

Baie dankie! As ons net altyd ons nuuskierigheid kan beteuel sal dit ook baie help!

Hannelie H ·

Baie dankie vir die waarskuwing, mens is baie onkundig en nuuskierig en voor jy jou oë uitvee is jy “gehack”. Dankie Maroela Media.

Louis Prinsloo ·

Dat slegs Chrome gebruikers tans opgeskeep sit met virus, laat my dink dat dit moontlik van Chrome se teenstaanders kan wees of kompetisie web browsers.
Hoekom wil mense die hulpsame en gebruikers vriendelike goed in lewe besmeer met viruse en ander probleme!? Hoekom vat almal nie hande wereld wyd en stig n beter wereld vir die toekoms nie!?Net omdat een ‘n slegte begrip het van lewe en almal/alles om hom/haar, beteken dit nie dat hy/sy almal se lewens slegter/vol probleme moet maak nie.
Ek hoop regtig eset kry persone agter virus vas getrek en virus geblok

Firefox gebruiker ·

Ek’s al jare terug gewaarsku teen Chrome. Gebruik net AVAST FREE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.