Wees deel van die aksie met YouTube se 360 grade-video’s

Argieffoto

Argieffoto

Al ooit gewens jy was deel van die aksie wanneer jy na een van jou vriende se video’s kyk of ooit gewens jy kon die volle ervaring met jou vriende deel?

YouTube het Maandag 360 grade-regstreekse video’s beskikbaar gestel wat virtuele realiteit nou een tree nader bring.

“Of dit nou ʼn sportgeleentheid of konsert of familiebyeenkoms is, ons het almal al gewens ons kon iewers wees wat jy nie kon bywoon nie,” skryf Neal Mohan, hoof produkbeampte van YouTube. “Virtuele realiteit en 360 grade-video’s bring jou een tree nader om dié oomblikke te geniet, asof jy self daar was.”

Die maatskappy het 360 grade-video’s al in Maart 2015 bekend gestel en musikante, atlete en handelsmerke het ongelooflike video’s met dié tegnologie geskep, maar nou kan hulle ook regstreeks uitsaai.

Volgens Mohan stel YouTube ook ruimtelike klank beskikbaar. “Ruimtelike klank help jou om byvoorbeeld ʼn musiekkonsert te geniet asof jy daar is: waar diepte, afstand en intensiteit ʼn rol speel.” (Probeer gerus hierdie speellys op jou Android-toestel.)

“Ek is die meeste opgewonde oor die idee dat die wêreld se ervarings aan almal beskikbaar is. Studente kan nou nuusgebeure in die klaskamer beleef terwyl dit ontvou. Reisigers kan veraf lande besoek en ontdekkers kan ondersee duik – sonder die fisiese beperkings van die werklike wêreld,” verduidelik hy.

“Wat in ʼn stadium beperkte ervarings was, is nou beskikbaar aan enigiemand, enige plek, enige tyd.”

Lees meer: The Verge

Draai gerus met jou slimfoon in die rondte om die volle ervaring van dié video’s te beleef of skuif die beeld met jou muis indien jy op ‘n rekenaar werk:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.