Wenke vir Facebook-gebruikers

Argieffoto

Argieffoto

Facebook was ʼn paar jaar gelede eenvoudiger om te gebruik, maar jy kan inderwaarheid Facebook nou baie meer verander om by jou behoeftes aan te pas.

Hier is ʼn paar wenke:

1) Verminder kennisgewings

Jy kan nie van al die kennisgewings op Facebook ontslae raak nie, maar jy kan ʼn hele paar afskakel. Gaan na “settings”, klik op “notifications”. Nou kan jy presies kies wat jy op jou rekenaar of op jou selfoon wil sien.

Jy kan ongelukkig nie e-poskennisgewings deur “settings” afskakel nie. Jy gaan “unsubscribe” op elke tipe kennisgewing moet klik totdat jy dit nie meer ontvang nie. Om kennisgewings van ʼn spesifieke groep of blad te ontvang, moet jy elke bladsy afsonderlik besoek en die kennisgewings afskakel. Jy kan ook die bladsy “unlike” of die groep verlaat.

Vir ʼn geleentheid (“event”) waarop jy ge-RSVP het, moet jy jouself van die gastelys verwyder.

Baie belangrik: om seker te maak dat jy Maroela Media se plasings altyd sien, kan jy ons Facebook-blad op jou rekenaar besoek (natuurlik het jy reeds op die “like”-knoppie geklik!). Gaan staan nou met jou muis op die “like”-knoppie waar ʼn spyskaart sal verskyn. Nou kan jy kies of jy kennisgewings vir al ons plasings wil ontvang en selfs of jy al ons nuus heel eerste wil ontvang. Onthou om sommer ook seker te maak dat jy aansluit by dit wat jou belangstelling is: rugby (Pale Toe), kuns, musiek en vermaak (Op die planke) en Afrikaanse lekkertes (Taaltoffie).

2) Verhoed dat video’s outomaties speel

Wanneer video’s outomaties begin speel, kan jy dalk meer data spandeer as wat jy wou. Om te verhoed dat video’s outomaties op jou rekenaar begin speel, moet jy weer op “settings” klik. Klik dan op “videos” (heel onderaan die lysie) en skakel “auto-play” af.

Op jou selfoon-app klik jy op die drie horisontale lyntjies en blaai na onder tot by “app settings”. Klik dan op “account settings, en dan “videos and photos” en maak jou keuse.

3) Stoor iets wat jy later wil lees

Nou kan jy plasings deur jou vriende stoor. Klik op die onderstebo pyltjie regs bo en klik “save link”

Op jou eie Facebook se tuisblad kan jy links in die kolom soek vir “saved” – alles wat jy só gestoor het, sal hier beskikbaar wees.

4) Het iemand jou geblok?

Facebook het glad nie (en sal dalk ook nooit nie) ʼn kennisgewing indien iemand jou geblok het nie. Daar is ook nie eksterne apps of webblaaier-programme wat jy kan gebruik nie. Die enigste manier is om leidrade te volg om te sien of iemand jou verbied het:
* jou plasings op daardie persoon se blad sal verdwyn (dit sal weer verskyn wanneer die persoon jou weer goedkeur)
* die verloop van ʼn gesprek bly in die “messages”-vouer, maar nuwe boodskappe sal nie wys nie
* wanneer jy op die persoon se naam klik in ʼn gespreksvenster of op ʼn ou kennisgewing, sal jy die volgende kennisgewing ontvang: ‘die skakel wat jy wou volg, het verval of die bladsy is slegs beskikbaar aan ʼn gehoor waarvan jy nie deel is nie’.

Sodra jy iemand weer “goedkeur” nadat jy die persoon geblok het, sal julle weer vir mekaar ʼn “friend request” moet stuur.

5) Blok “Candy Crush” en ander uitnodigings

Facebook laat jou toe om app-uitnodigings (soos speletjies), uitnodigings na bladsye en geleenthede, te blok.

Klik op “settings” en dan “blocking”. Nou kan jy die spesifieke speletjies of selfs individue se name invul en nooit weer enige uitnodiging daarvoor ontvang nie. Jy kan keuses oor die volgende uitoefen:
* Block users
* Block app invites
* Block event invitations
* Block apps

6) Alles wat jy in die verlede gedoen het of kommentaar wat jy gelewer het

Op jou persoonlike profiel kan jy klik op “view activity log”. Jy kan selfs regs bo in die blokkie soek vir spesifieke inskrywings.

7) Wie sien waarvan jy hou of wat jy te sê gehad het?

Indien jou vriendin iets op Facebook gelaai het, besluit sy wie daardie item kan sien. As sy dit “public” deel, kan enigiemand die inligting sien. As sy dit privaatheid stel vir “friends of friends”, dan kan al haar vriende en al jou vriende dit sien. Indien sy byvoorbeeld ʼn foto oplaai en 10 persone op die foto “tag”, kan al 10 mense plus al hulle vriende alles sien wat jy geskryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.