WhatsApp-gebruikers vies oor data-uitruiling

WhatsApp

WhatsApp

WhatsApp-gebruikers is warm onder die kraag nadat dié app vroeër vandeesmaand aangekondig het dat hy gebruikers se persoonlike inligting met sy moedermaatskappy, Facebook, gaan uitruil.

WhatsApp se nuwe opgradering gaan onder meer inligting soos die soort selfoon of toestel wat jy gebruik en jou WhatsApp-profielinligting gebruik om te verseker dat Facebook-advertensies en produkte op spesifieke persone geteiken kan word.

Gebruikers van dié app is veral woedend omdat Jan Koum, WhatsApp se medestigter, in 2014 onderneem het dat dié diens gebruikers se privaatheid sal beskerm.

Hy het gebruikers egter in ʼn verklaring vandeesweek gemaan om nie té vinnig op hol te raak nie.

“Ons weet nie wanneer gebruikers verjaar nie, waar hulle woon en werk nie of waarvoor hulle op die internet soek nie,” het Koum in ʼn verklaring gesê. “Ons vennootskap met Facebook sal nie ons privaatbeleid in gedrang bring nie.”

WhatsApp gaan glo nie foto’s, jou nommer of persoonlike boodskappe met Facebook uitruil nie.

Koum het bygevoeg dat die enkripsie-funksie steeds jou boodskappe met ander gebruikers beskerm. WhatsApp-gebruikers kan ook keer dat persoonlike inligting uitgeruil word.

“Die doel agter die uitruil van inligting is om te verseker dat die regte produkte en advertensies die regte persone op Facebook bereik. Dit is nie om inbreuk te maak op iemand se privaatheid nie,” het hy gesê.

Indien jou app nóg nie opgradeer is nie, moenie dadelik die aanvaar-opsie kies wanneer die boodskap van die nuwe bepalings en voorwaardes opspring nie. Jy kan verhoed dat jou inligting gedeel word deur eerder die opsie te kies om meer inligting te verkry, en dan die boksie af te skakel wat toestemming gee om jou inligting te gebruik.

Indien jy die nuwe bepalings reeds aanvaar het, gaan na “settings” wanneer jou WhatsApp oop is, kies “account”, kies dan “privacy” en bepaal wie toegang tot jou boodskappe kry.

Bron: Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Loeis ·

Jy kan maklik na “Settings” toe gaan en daardie opsie afskakel. Teoreties sal Watsapp dan nie jou inligting met Facebook deel nie.

JWMGg ·

Ek is moeg van al die advertensies oral. Voel dit mors my tyd en lugtyd.

Sarel Strydom ·

1) Dit is die advertensies wat die diens vir ons goedkoper maak. 2) Wanneer ek advertensies ontvang oefen ek die keuse uit om nooit weer advertensien van die betrokke maatskappy of produk te sien nie. Die advertensies word dan geblok.

Tammy ·

Waar het die verbruiker nog beskerming van sy privaatheid? Kom ons boikot net die diens. Daar sal definitief baie gou n ander diens beskikbaar kom. Almal ruil deesdae ons inligting uit.

Chris ·

n Ander dies wat beskikbaar is, is sms en dit kos baie meer as whatsapp. Dit so maklik skakel die fuksie af dat hulle nie jou inligting kan gebruik nie. Kos niks

Telegram ·

Laai gerus Telegram af. Ek is opgewonde hieroor, maar dit kan net suksesvol wees indien hulle baie gebruikers het. Daar word gereken dat kuberkrakers dit nie eens kan kraak nie. Kyk gerus hierna: https://telegram.org

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.