WhatsApp werk teen dan nie meer op dié fone

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

WhatsApp gaan teen die einde van 2017 nie meer op sekere fone werk nie.

Nog fone sal by dié lys gevoeg word oor die volgende paar jaar. WhatsApp het reeds in 2016 aangedui dat hy ondersteuning aan sekere Nokia-, Blackberry- en iPhone-fone sowel as sekere bedryfstelsels sou staak. Die besluit is egter ingetrek aangesien die fone en stelsels steeds baie gewild was.

WhatsApp het egter nou aangekondig dat hy wel voortgaan om ondersteuning van sekere fone en bedryfstelsels te staak. Volgens die boodskapsdiens is ondersteuning vir die Nokia Symbian S60 reeds op 30 Junie 2017 gestaak terwyl ondersteuning vir die volgende fone en bedryfstelsels op 31 Desember 2017 gestaak sal word: BlackBerry OS, BlackBerry 10 en Windows Phone 8 en ouer.

Volgens WhatsApp sal ondersteuning vir die Nokia S40 ná 31 Desember 2018 gestaak word en vir Android 2.3.7 en ouer weergawes ná 1 Februarie 2020. WhatsApp het gesê aangesien hulle nie langer aktief vir hierdie platforms gaan ontwikkel nie, kan sekere funksies enigetyd ophou werk.

WhatsApp het gesê hoewel dit ʼn moeilike besluit was om te neem, wil hy fokus op daardie platforms wat die meeste mense gebruik en dat die toestelle en bedryfstelsel wat hy gaan uitfaseer, nie die vermoëns het wat nodig is om WhatsApp se funskies in die toekoms uit te brei nie.

Meer as een miljard mense gebruik daagliks WhatsApp. Dié diens, wat vanjaar agt jaar oud is, is in 2014 vir $19 miljard deur Facebook gekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Valerie ·

So beheer ‘n paar mense miljoene mense se lewens. Hoeveel mense gaan nou hardloop om ‘n nuwe foon te koop net om WhatsApp te kan gebruik?

Mooinooi Champ ·

Ek stem volkome saam met jou, ek stel voor dat what’s app vir die nuwe fone betaal

Stefan ·

WhatsApp is nie gratis. Jy betaal tog vir die Data, nie waar nie. Dis goedkoper maar nie gratis nie.

Lorette ·

Ek hoop dit word op my foon ook gestaak, dan hoef dit nie kort-kort skoongemaak te word nie. Al die foto’s en goed maak my gedaan soms. Gebruik my foon slegs vir noodgevalle en werk. Nie baie lief vir selfone nie (of enige tegnologie nie) Daar gee ek nou my ouderdom weg !

map ·

WhatsApp is wat my aangaan die beste kommunikasie netwerk ooit maar as hulle dit gaan doen sal dit soos BBM uitsterf en ‘n ander groep soos Telegram sal by hulle oorvat…

Chris Ws ·

Kan my nie skeel of my foon van more af nie meer whasapp het nie!Die wat se whatsapp is gratis kan nie somme doen nie!Hoekom kos my data wat ek MOET he om te whatsapp my dan honderde rande per maand?Ek het my eerste touch screen android – foon,’n Sony ‘n jaar terug gekoop teen ‘n belaglike bedrag.Dit SAL my laaste touch screen foon wees ook.Dis die grootste gemors wat ek in my lewe gekoop het.As ek geweet het wat ek nadese weet sal ek hom nie eens verniet gevat het nie!Ek het gelukkig 3 Nokias in perfekte werkende orde en het reeds eenbmet my ou nommer weer aan die gang en hy werk soos ‘n droom teen die Sony!

Jaco ·

Beste Chris, ek hardloop my watsapp 90% van die tyd op my huis of kantoor se Wi-Fi wat beide uncapped lyne het…dus is my watsapp gratis siende dat my selfoon diensverskaffer graris watsapp data ook verskaf…

Jef ·

Dit is maar net weer n verkoop stunt, as jy dit wil gebruik dan sit daar niks anders op as om n nuwe toestel te koop, dis alles net n groot geld maak besigheid.
Dieselfde geld vir rekenaars ook want windows 10 werk ook nie op n ou rekenaars nie.

Pop ·

Ek is baie baie dankbaar vir whatts app. Ek praat daagliks met my kind en video call haar, amper verniet. Ek sou byna geen kontak met hulle gehad het was dit nie daarvoor nie. Selfs my kleinkind van 4 stuur vir ouma “voice messages”. Aaneen en aanmekaar van haar foon af. Dankie whatts app☺

Anton ·

Uiteindelik gaan dit oor sekuriteit van daardie fone se Bedryfstelsel (OS). Julle almal wil sekuriteit hê, maar kla as julle goed moet opgradeer.

Onthou, kriminele word al hoe slimmer, fone moet opgradeer word, nuwe fone kom uit, dis onmoontlik om veilige weergawes vir elke foon en elke OS te kan maak.

Of 800 miljoen mense kla, of n paar miljoen in derde wereld lande kla. Keuse is maklik.

So, is dit whatsapp se skuld, foon makers, bedryfstelsel makers, regering of jou eie skuld omdat jy die goedkoopste foon gekoop het.

Daars nog baie ander faktore waaraan mens nie dink nie, maar sekuriteit is die grootste faktor.

Jy wil jou data veilig hou? Nou moenie die goedkoopste foon koop nie. Want jy sal uitgewerk word. Of deur kriminele of deur die mense wat verantwoordelik gehou gaan word as jou data wegraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.