Wikipedia-kompetisie: Wen ʼn jaar se klasgeld!

Nagraadse studente kan nou met hul vaardigheid en kennis deur Maroela Media se Afrikaans op Wikipedia-projek die kans staan om ʼn jaar se klasgeld los te slaan!

Die nagraadse student wat tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 die meeste artikels op die Afrikaanse Wikipedia gepubliseer het, staan die kans om een jaar van sy of haar klasgeld te wen, en boonop as die Wiki-Meester gekroon te word!

Dié video wys jou hoe om te werk te gaan om ʼn artikel op Wikipedia te publiseer. Onthou om die vorm te voltooi as jy vir die prysgeld in aanmerking wil kom. Stuur enige navrae per e-pos aan [email protected].

 

 

Bepalings en voorwaardes

  • Slegs een wenner sal aangewys word.
  • Die inskrywingsvorm onderaan die artikel moet volledig ingevul wees.
  • Gehalte en lengte van artikels moet op aanvaarbare Wikipedia-standaard wees. Besoek die portaal vir nuwelinge en bestudeer die wenke vir die skryf van ʼn goeie artikel.
  • Die wenner moet sy of haar bewys van registrasie as ʼn nagraadse student aan Maroela Media stuur en ons sal jou klasgeld betaal tot en met ʼn maksimum van R30 000 wat direk aan jou tersiêre instansie betaal sal word.
  • Die prysgeld sal binne tien dae nadat die wenner bekend gemaak is, uitbetaal word.
  • Slegs volwaardige artikels met genoegsame woorde, verwysings, opskrifte en prente sal aanvaar word.
  • Slegs geregistreerde nagraadse studente met ʼn studentenommer kan in aanmerking kom vir die prysgeld.
  • Die beslissing van die organiseerders oor watter nagraadse student die meeste artikels gepubliseer het, is finaal. Geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Slegs artikels wat tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 in Afrikaans deur die betrokke persoon op Wikipedia gepubliseer is, sal in aanmerking kom vir die prysgeld.
  • ʼn Minimum van 20 artikels moet deur die deelnemer gepubliseer word in die tydperk tussen 11 Desember en 31 Maart 2019 om in aanmerking te kom vir die prysgeld.
  • Indien geen persoon die minimum getal artikels haal nie, kan die sperdatum van die kompetisie aangeskuif word. Dié besluit berus by die organiseerders en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.