YouTube is 10 jaar oud; gewildste video op Maroela Media

youtubeYouTube het vroeër vandeesweek sy tiende verjaardag gevier en ter viering hiervan plaas Maroela Media weer een van die video’s wat die gewildste was op ons webtuiste.

YouTube het sowat 1 miljard unieke besoekers per maand en is in 2006, slegs ’n jaar nadat dit begin is, vir $1,65 miljard deur Google gekoop. Die eerste video is op 23 April om 20:37 op Youtube gelaai en was van Jawed Karim, die medestigter, wat sy belangstelling in olifante bespreek in ’n dieretuin in San Diego, VSA.

Daar word elke sekonde ʼn uur se beeldmateriaal op YouTube gelaai – dit is meer as 31 miljoen ure se beeldmateriaal per jaar. YouTube het in 2011 ʼn totaal van 1 biljoen besoeke behaal.

Maroela Media het in Maart 2014 ʼn video opgelaai van Gerdi McKenna van Pretoria wat met borskanker gediagnoseer is. Haar vriendinne het vir haar ʼn groot verrassing beplan en ’n video daarvan gemaak. Die video is op YouTube en Vimeo gelaai. Die video is al meer as 1,1 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.