Dis nou tyd om water soos geld te bank

Foto verskaf

Die gesegde “om geld soos water te verkwis” kan binnekort lui “om water soos geld te verkwis”. ʼn Abeco-watertenk kan soos ʼn water-spaarrekening te pas kom. Jy kan water bank soos wat jy geld bank en onttrek soos en wanneer jy dit nodig het. Boonop is dit ʼn beter plan om water te herbenut waar grys water net so belangrik word soos reënwater wat opgevang kan word.

As ʼn mens Suid-Afrika se waterbronne in berekening bring bied ʼn skamele 8% van die land se grondoppervlak 50% van die water wat wegvloei en slegs 9% van die reënval wat wegvloei beland in riviere. Minstens 37% water gaan tans verlore stedelike infrastruktuur.

Sorgwekkend is die feit dat die beraamde vraag na water teen 2030 die 17,7 miljard meter³-merk gaan bereik. Volgens kenners is dit ver meer as wat met veiligheid voorsien kan word. As ʼn sakeonderneming in die toekoms wil floreer, inaggenome huishoudelike, nywerheids- en brandvoorkomingsvereistes, is dit voor die hand liggend dat leiers in die nywerheidswêreld sal herbesin oor hul waterbank-strategie.

Bank met ʼn betroubare vennoot

Foto verskaf

Die afgelope 35 jaar het Abeco die mees ekonomiese oplossings ontwikkel vir waterberging sonder om, soos aangedui, veiligheid, die kwaliteit van higiëne en volhoubaarheid in gedrang te bring. Die maatskappy hou sy oorsese mededingers op hul plek deur middel van ʼn revolusionêre benadering tot besinning oor water en toewyding om moderne tegnologie in te span om water so koste-effektief moontlik te bank.

Abeco-wateropgaartenks kry ʼn mens reg oor die Afrika-vasteland. Die maatskappy doen al sake vir meer as 35 jaar en werk in 38 lande wêreldwyd, onder meer Mauritius, die Seychelle, Madagaskar en lande in Sentraal-Amerika en die Midde-Ooste.

Abeco is nie net ʼn leier op die gebied van die vervaardiging van nywerheidsgrootte tenks nie, maar ook in die veld van innovering waar die maatskappy vorendag gekom het met kostedoeltreffende oplossings vir waterberging sonder om veiligheid, higiëne en volhoubaarheid in te boet.

Verrassend genoeg het die ontwerp dieselfde gebly sedert dit in 1983 bekendgestel is. Verfynings wat mettertyd aangebring is, het die voorkoms en funksionaliteit beïnvloed. In die plek van staal word Supraform-staal byvoorbeeld nou gebruik en gegalvaniseerde tenks is bekendgestel wat inhou dat die gebergde water nie geaffekteer word deur ultraviolet- of ligbestraling nie.

In 2013 het Abeco sy produkreeks uitgebrei om ʼn staanplek te kry in die mark van afvalwater, droë grootmaatberging en die bio-verteringsbedryf. Dié uitbreiding is moontlik gemaak deur die toevoeging van ʼn silindriese tenk wat behandel is met ʼn poeierlaag – deesdae die no. 1-tenkvoering ten opsigte van werkverrigting vir water- en afvalwaterberging. Hierdie tenks word voorsien van geodesiese koepels gemaak van aluminium – die beste deksels vir dié soort tenks.

Afgesien van innovering is dit die terrein van denkeleierskap waarin Abeco Tenks uitblink. Mannie Ramos, die uitvoerende hoof, en sy span sien die fasilitering van “water bank” as hul rol, eerder as die opgaar van water. Dié paradigmaskuif is teweeggebring deur die dreigende waterkrisis wat reg oor die wêreld deur sakelui in die gesig gestaar word.

Nuwe besinning oor water

Foto verskaf

Onvolhoubare waterskeidingstoestande, besoedeling en swak bestuur van water lei daartoe dat maatskappye soos Abeco Tenks herbesin oor water. Die maatskappy bemark nie net die mees gevorderde houers vir waterberging nie, maar bevorder die konsep van water bank sodat dié kosbare bron beskikbaar kan wees wanneer jy dit die meeste nodig het.

Dit mag toegeskryf word aan die natuurlike siklus van El Niño of as die uiteindelike gevolg van aardverhitting, maar waterskaarsste het rooi ligte laat aangaan, en almal is dit eens dat dié probleem nie sommer binnekort gaan verdwyn nie.

Die meeste voorspellingsmodelle dui aan dat individuele lande dieselfde neerslag gaan kry as in die verlede; dit gaan net meer ongereeld gebeur. Aan die suidpunt van Afrika is die grootste dele van Suid-Afrika in die wurggreep van ʼn droogte, terwyl Mosambiek en Zimbabwe die ergste oorstromings in menseheugenis ervaar het.

Kenners sê klimaatsverandering verg van sakeondernemings om in water te belê en met planne vorendag te kom om water te bank omdat dit die enigste waardevolle geldeenheid ter wêreld sal wees.

Wat is waterbank?

Aan die anderkant van die wêreld is Amerikaanse deelstate soos Arizona en Kalifornië besig om ondergrond water te bank as ʼn verskansing teen bevolkingsaanwas en moontlike beperkings weens lae watervlakke. Hierdie nuwe verskynsel staan bekend as waterbank en het ʼn heeltemal nuwe gesprek begin, om nie eens te praat van wetlike dilemmas en meer en meer sake wat in die hof gaan eindig oor wie reg het tot water en wie dit kan gebruik nie.

Die bank van grondwater in groot maat is ʼn kardinale aspek wat wêreldleiers op die gebied van nywerheid moet takel as hulle hulself wil vrywaar van voortslepende droogtes, verlies aan inkomste, kwynende werksgeleenthede en vir alle praktiese doeleindes, sluiting van sakeondernemings. Doemprofete hou vol in die toekoms dat oorlog gemaak word oor water soos wat dit in die verlede gedoen is oor olie, goud en diamante. Sal ons bloedwater hê soos bloeddiamante? Ons hoop nie so nie.

Ondergrondse berging is ver beter as oppervlakberging. Die hoofrede is dat die goedkoper is as die koste verbonde aan reservoir-uitbreiding. Nietemin het ons nog nie dié punt bereik in Suid-Afrika nie. Dit verg intensiewe infrastruktuur en die wilskrag van die regering om te belê in grootskaalse ondergrondse waterbergingsprojekte. Kan ons dit bekostig om te wag?

 

 

Besoek vandag nog enige van ons webwerwe vir ʼn kwotasie wat voldoen aan die oplossing vir jou.
https://abecotanks.co.za/
https://www.fabtanks.co.za/
https://africantanks.co.za/
https://www.viewtanks.co.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.