Dít is die beste selfoonnetwerk in SA

Argieffoto

MyBroadband het die internetdiensverskaffer MTN as die beste selfoonnetwerk in die land aangewys.

Dié netwerk het met die louere weggestap nadat MyBroadband verskeie verskaffers aan meer as 113 000 spoedtoetse onderwerp het.

Die spoedtoetse vir die verslag is tussen 1 Oktober en 31 Desember verlede jaar deur altesaam 8 250 gebruikers van die Speed Test-app voltooi.

Die selfoonnetwerke se aflaai- en oplaaispoed en die vertraging op die netwerk is onder meer in aanmerking geneem. Volgens dié toetse het MTN onder meer die vinnigste gemiddelde aflaaispoed van 22,2 megagrepe per sekonde en ʼn gemiddelde oplaaispoed van 10,07 megagrepe per sekonde.

Vodacom is tweede met ʼn gemiddelde aflaaispoed van 21,63 megagrepe per sekonde en ʼn oplaaispoed van 8,32 megagrepe per sekonde.

MTN het in die verslag ʼn totaal van 9,98 uit 10 punte verwerf met Vodacom (9,38) kort op sy hakke. Telkom het 6,72 gekry en Cell C 6,41 punte.

Volgens die verslag is MTN se goeie puntetelling vanjaar waarskynlik te danke aan die sowat R30 miljard wat die maatskappy aan infrastruktuur bestee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stephen ·

Ek woon in die Suidelike Kaap area en my ondervinding verskil: Vodacom se opvangs area is baie beter as MTN se ontvangs. Hier is areas waar MTN baie sdwak ontvangs het (bv. Dele in Wildernis) En die spoed wat ek ervaar het by Vodacom 2 jaar gelede is baie vinniger as wat ek vir die laaste 18 maande op MTN beleef. Miskien het dit verander, maar dis my persoonlike ervaring

Henk ·

Buiten dat Cell C die swakste netwerk dekking het, kan ek vele kommentaar lewer oor hulle administrasie ook! In 2017 kanselleer ek my kontrakte met Cell C as gevolg van hulle swak netwerk diens. Hulle gee aan my ‘n dokument en se dit is die uitstaande bedrag wat ek moet betaal. Ek betaal hierdie bedrag en sederdien gaan daar elke maand ‘n debietorder vir R2580-00 van my bankrekening af, en elke maand moet ek dit laat kanselleer by die bank. Ek het net soveel weersprekende verduidelikings van Cell C gekry as e posse wat ek al aan hulle gestuur het. In maklike Afrikaans kan ek dit sommer beskryf as skelm!

rollie ·

Telkom se spoed is die beste waar ek is, hang seker maar af van jou ligging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.