Dream Chaser land veilig

Dream Chaser (Foto: Nasa)

Vier jaar ná die eerste prototipe van die Dream Chaser erg tydens ’n landingstoets verniel is, het dit nou ná omvattende werk daaraan veilig geland.

Die Dream Chaser is die produk van een van drie kontrakte aan verskillende maatskappye om tuie te ontwerp wat van 2019 af die Internasionale Ruimtestasie van voorraad kan voorsien.

Die Dream Chaser is egter die enigste van die drie tuie wat ontwerp is om soos ’n vastevlerkvliegtuig op aarde te kan land. Dit behoort dus meer sensitiewe vrag te kan dra, veral omdat dit die atmosfeer gladder behoort binne te gaan.

“Die Dream Chaser-vlugtoets het die ruimtetuig se aërodinamiese ontwerp uitstekend vertoon en die data toon dat ons stewig onderweg is na ʼn veilige en betroubare orbitale vlug,” sê Mark Sirangelo, korporatiewe visepresident van die Sierra Nevada Corp.

Die Dream Chaser sal na verwagting in 2020 met kommersiële orbitale afleweringsendings aan die ISS begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.