Duur tegnologie vir duurste vliegtuig

Foto: thenextweb.com

Foto: thenextweb.com

Wanneer die indrukwekkendste en duurste vegvliegtuig gebou word, word ʼn veiligheidshelm benodig wat by dié vliegtuig pas. Die F-35 Gen III Helmet Mounted Display System (HMDS) is ontwerp om saam met een van die mees komplekse wapenstelsel in die wêreld, naamlik die F-35 Lightning II, gebruik te word. Verskeie weergawes van die Lockheed Martin-tipe vegvliegtuig is so ontwerp om op ʼn vliegdekskip of selfs vertikaal te land en die HMDS maak hierdie vliegtuig nog meer doeltreffend.

Die HMDS se tegnologie is nie goedkoop nie en een so ʼn helm kos meer as $400,000.

Die helm verskaf regstreekse videobeelde van wat buite om die vliegtuig aangaan. Kameras wat buite op die vliegtuig gemonteer is verskaf dié inligting. Hierdie beeldmateriaal gee die vlieënier die vermoë om deur die vliegtuig se “dop” te sien.

Besoek gerus The Next Web se webblad vir die volledige berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Johan 2 ·

Ek het gehoor daar is sprake van die skrap van die F35…klink baie na ons Madupi net duurder…is dit waar?

Fanie ·

Fantasties! Mens moet seker spesiale kursus loop om die helm ook te leer?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.