Wanneer die indrukwekkendste en duurste vegvliegtuig gebou word, word ʼn veiligheidshelm benodig wat by dié vliegtuig pas. Die F-35 Gen III Helmet Mounted Display System (HMDS) is ontwerp om saam met een van die mees komplekse wapenstelsel in die wêreld, naamlik die F-35 Lightning II, gebruik te word. Verskeie weergawes van die Lockheed Martin-tipe vegvliegtuig is so ontwerp om op ʼn vliegdekskip of selfs vertikaal te land en die HMDS maak hierdie vliegtuig nog meer doeltreffend.
Die HMDS se tegnologie is nie goedkoop nie en een so ʼn helm kos meer as $400,000.
Die helm verskaf regstreekse videobeelde van wat buite om die vliegtuig aangaan. Kameras wat buite op die vliegtuig gemonteer is verskaf dié inligting. Hierdie beeldmateriaal gee die vlieënier die vermoë om deur die vliegtuig se “dop” te sien.
Besoek gerus The Next Web se webblad vir die volledige berig.
Ek het gehoor daar is sprake van die skrap van die F35…klink baie na ons Madupi net duurder…is dit waar?
Fantasties! Mens moet seker spesiale kursus loop om die helm ook te leer?