Hoewel die New Horizons-tuig reeds sowat 250 kilometer verby Pluto en sy mane is, stuur dit steeds verstommende data en foto’s na die aarde terug.
Onder die jongste tel verskeie vulkane in ’n gebied wat informeel as Vega Terra bekend staan, en waar die kraterrande met helder metaanys versier is sodat die kraters soos stralekranse lyk. Die vraag is hoekom ook ander kraters op Pluto nie oor die stralekranse beskik nie.
Intussen het die Dawn-tuig, wat nou om ’n ander dwergplaneet, Ceres wentel, ’n krater afgeneem wat die hoekige kante van ’n stopteken vertoon. Die wetenskaplikes meen dit is weens insakking waar die insakking langs breuklyne geskied het toe die area moontlik deur ’n meteoriet getref is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Hierdie lyk vir my soos n metaal plaatjie wat vol sweis spatsels is met n bietjie stof op om dit n grond oppervlak effek te gee, ek het nog altyd gewonder hoe eg die tipe fotos is. Daar is inorme geld betrokke by projekte waar teleskope in die ruimte ingestuur word om fotos te neem en ander lewe te gaan soek en die mensdom kan so maklik om die bos gely word, sit n paar nule aan ‘n jaar totaal en mense glo dit, as ‘n planeet bv 100000000jaar oud is volgens wetenskaplikes hoe het die ouens dit bepaal??? Die… Lees meer »
Interessant die menslike figuur op die foto indien die foto bietjie vergroot word
Joshua skeer net die gek met julle manne. Hy’s nie regtig oningelig nie.
Baie Dankie Herman. Joshua jy kan dit maar glo. Dit is waar! Nasa het wiskunde en wetenskaplike programme wat presies verduidelik hoe die ouderdom van planete en sterre bepaal word en die afstande van hemel ligame van die aarde af . Moet nie eers praat van die metodes wat gebruik word om die elemente waaruit planete bestaan te bepaal nie. Dit is so fantasies om in die hemelruim te kuier dat ek vir jou kan se” It will blow your mind” Jy sal ook n besef kry van die Grootheid van on Skepper, GOD!
250km??
Wat is 250km nou tussen vriende, of is dit planete.