Een miljoen mense gebruik gratis WiFi in Pretoria

Foto: Sipa Press/Rex Features

Foto: Sipa Press/Rex Features

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van die stad Tshwane, het gesê die gratis WiFi-projek in Pretoria het reeds meer as 1 miljoen registrasies.

Sandile Skhosana, die eerste gebruiker en Cliff Mathebula, die een miljoenste gebruiker, het elkeen ʼn tabletrekenaar ontvang om dié mylpaal te vier.

Die stad het in ʼn verklaring gesê daar is ongeveer 70 000 unieke gebruikers per dag en na verwagting sal die stad teen 2017 gratis WiFi binne loopafstand vir elke inwoner kan bied.

“Die gemiddelde spoed is 15 MB/sekonde en is opgegradeer om tot 500 MB per toestel per dag toe te laat – dit is gelykstaande aan 15 GB per toestel per maand.

“Altesaam 66% van inwoners in Pretoria is jonger as 35 en dit is noodsaaklik om seker te maak dat internettoegang vrylik beskikbaar is,” het Ramokgopa gesê.

Die stad beplan om gebruikers wat geregistreer het, en wie se munisipale rekeninge ten volle vereffen is, ʼn bykomende 15 GB per maand toe te staan. “Dit is dus 30 GB gratis internetdata om op die Tshwane Free WiFi-netwerk te gebruik,” het hy bygevoeg.

Gebruikers het ook onbeperkte toegang tot die Tobetsa-portaal, waar plaaslike gemeenskappe inligting kan bekom oor onderwys en beskikbare poste.

Die WiFi-diens word beskryf as die grootste gratis WiFi-diens in Afrika wat deur die regering befonds word.

Volgens die jongste statistiek is die gemiddelde gebruiker tussen 18 en 24 jaar oud en 51% is manlik en 49% vroulik. Meeste gebruikers (81%) gebruik die WiFi op hul slimfone.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan 2 ·

So dis waarheen my belasting gaan…ten minste gebruik hul dit die keer en vermors nie net nie?

Jf van Rooyen ·

Dit is wonderlik dat mense toegang tot die internet het MAAR moet dit verniet wees SA is reeds ñ welsynstaat dit help die bedelaar mentaliteit nog net verder aan .die min belasting betalers kani vir alles pa staan nie alles wat verniet weggegee is nie volhoubaar nie hoe motiveer jy iemand om te werk as dit nie nodig is nie

Essie ·

Dit is regtig ‘n uitstekende diens. Die kwaliteit is baie goed en dit is reeds in baie areas in (selfs die Ooste van) die stad beskikbaar. Met hierdie diens spaar ons gesin reeds 50% op ons slimfone se datakoste.
Dankie Tshwane en dankie Johan. :P

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.