ʼn 27-jarige enkelma van Texas in Amerika is haar pos by ʼn dagsorgsentrum kwyt nog voordat sy kon begin werk, te wyte aan ʼn inskrywing wat sy op Facebook gemaak het.
Kaitlyn Walls het ure voordat sy by die dagsorgsentrum sou begin werk, op Facebook geskryf: “Ek begin vandag met my nuwe werk, maar ek haat dit om by ʼn dagsorgsentrum te werk. (LOL) Alles reg, ek haat dit net om tussen klomp kinders te wees.”
Haar werkgewer het egter van die plasing te hore gekom en haar in kennis gestel dat sy nie hoef in te kom nie. Ander Facebook-gebruikers het haar ook baie skerp veroordeel oor haar uitlating.
Walls is vol berou oor die voorval. Sy het gesê sy wou nie aanstoot gee nie en hou vol sy haat nie kinders nie, sy wou net van haar frustrasie ontslae raak. Walls het ʼn tweejarige dogtertjie.
Bron: Daily Mirror, Metro, CBS, HLN.be
Twee dinge kan ek nie begryp nie. Waarom het sy in die eerste instansie aansoek gedoen vir die pos, as sy nie daarvan hou om met kinders te werk nie? So desperaat vir ‘n inkomste dat sy bereid was om enigiets te doen? En kon die werkgewer nie tydens die onderhoud agterkom dat sy nie geskik is vir die pos nie. Dalk het sy voorgegee dat sy gaande is oor kinders? Ook maar goed dat hulle betyds agter die kap van die byl hekom het, want dis dikwels mense wat om die verkeerde redes ‘n werk aanvaar, wat onskuldige kinders mishandel.
Ag nee wat, die “dame” kry presies wat haar toekom. Hulle moet sommer haar kind ook weg vat. Sy is duidelik nie volwasse genoeg om met kinders van daardie ouderdom te werk nie. Enkel Ma met kind van 2 waarmee sy gefrustreerd is, nou wil sy haar frustrasies op ander mense se kinders ook gaan uithaal? Baie mense “haat” hul werk maar sekere beroepe is meer ‘n liefdes diens as werk.
Hoop sy kry nooit ‘n werk waar kinders betrokke is nie. Dit is onrusbarend om te weet sy het n 2 jarige kindjie.
Daar is nie medisyne vir domgeit nie.
Sal mense leer om alles so op facebook uit te blaker. Maar is goed so in hierdie geval. Gans te jonk om in dagsorg te werk.
As sy nie met kinders wil werk nie, hoekom in die eerste plek aansoek doen, die werkgewer onder ‘n wan indruk bring en dan wanneer sy die werk kry, daaroor mor …
Ek dink dit gebeur in baie gevalle daarom dat mens so baie van kindertjies hoor wat mishandel word by kleuterskole en dagsorg!
Was dit regtig net die FB-uitlating? Die tattoeërmerke, spelde in die lippe, tsammas wat byna uitval en vals wimpers het ook nie juis gehelp nie! Dalk was dit onderhoud telefonies gevoer.
Nie te jonk nie , maar wel te onvolwasse en onnosel!
Nog nooit van FB gehou nie, maar vir een keer het dit iets goeds opgelewer … sy moes in der ewigheid nie daardie pos gekry het nie … LOL!!! graag daaroor! Verdiende loon!