Entrepreneurskap: Adam Tas en hommeltuie


adam-tas-klipkouers

Adam Tas. Foto: Verskaf.

Tyd vir ʼn bykomende bonus vraag en antwoord uit Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Adam Tas.

 Watter ander onderneming of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Man, ek is vreeslik nuuskierig om te sien wat met die hommeltuig-besigheid gebeur en groot maatskappye, soos DJI, wat besig is om die mark oor te neem. Ek sien selfs GoPro het ʼn hommeltuig waaraan hul kameras aangehaak word.

Dis vir my ʼn vreeslike interessante besigheid om te sien hoe vinnig dit as ʼn beleggingsgeleentheid in sekere maatskappye groei en ek dink ek sal nogal self geld daarin belê.

Ek weet daar is ʼn fantastiese maatskappy in Suid-Afrika wat in Knysna geleë is. Dit behoort aan ʼn jong man wat onder meer ʼn rukkie gelede sakeman van die jaar was en hulle maak hommeltuie – blykbaar van die wêreld se beste hommeltuie wat swaar vrag kan dra.

Dit is nogal ʼn deel van tegnologie wat my baie interesseer en waarin ek bereid is om geld te belê.

Die volledige onderhoud waar Adam Tas sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hommelaar ·

Ons moet onsself vinnig gemaklik met hierdie tegnologie maak want ons gaan onsself teen misdadigers en grondbesetters hiermee nog moet verdedig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.