Entrepreneurskap: Argitektuur vir die stigter van Rovos Rail


rohan-vos-klipkouers

Rohan Vos. Foto: Verskaf.

Hiermee ʼn voorsmakie van Klipkouers se onderhoud met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail, wie se treine van die luuksste ter wêreld is.

Watter ander onderneming of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Ek het ʼn paar rand in die lugvaartbedryf verloor en baie mense sê vir jou as jy ʼn miljoen wil maak moet jy miljoene hê om te verloor voor jy met iets kan begin. Maar ek sou sê ek hou van bou: Die argitektuur van ʼn gebou is vir my baie interessant. As ek ʼn keuse kon hê vir ʼn lewenslange werk – as ek nie by treine of karre betrokke was nie – sou ek definitief ʼn argitek geword het. Ek dink dit is een van die interessantste beroepe. In hierdie stadium, omdat ek nie ʼn argitek is nie, is die naaste wat ek daaraan kan kom om geboue te laat bou. So, eiendom is natuurlik die ding wat vir my baie interessant is.

Let wel: Moenie verlede week se onderhoud met Andries Brink, stigter van Andile Solutions, misloop nie!

Die volledige onderhoud waar Rohan Vos sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

Bring GROOT ASB die Choo Choo trein terug wat tussen George en Knysna gery het …dit is so n groot aantreklikheid van reg oor die wereld wat nou net weg is !

Rocky Bell ·

Die ChooChoo kom terug en sal vir eers tussen Knysna en Sedgefield opereer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.