Hiermee ʼn ekstra vraag-en-antwoord-bonus van Klipkouers se onderhoude met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail, wie se treine van die luuksste ter wêreld is.
Watter ander besighede het ʼn groot invloed op jul sukses?
Dis ʼn moeilike vraag, maar ek sou sê die plaaslike toeristemark is baie belangrik, asook die bou van hotelle en uitbreiding van die kampe in die Krugerwildtuin en Madikwe. Hoe meer besighede hierso aan die gang is, hoe meer advertensiewaarde is daar oorsee. Hopelik gebruik hulle dieselfde bronne as wat ons gebruik om hul name in die mark te kry. Ons werk dus hand aan hand saam met hulle.
NB! Moenie laas week se onderhoud met Rohan Vos, waar ek fokus op die mens, misloop nie.
Die volledige onderhoud waar Rohan Vos sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.