Entrepreneurskap: Die toekoms lê in volhoubaarheid


kragklontJacques Basson gesels met die entrepreneur Marlene Oosthuizen die stigter en mede-eienaar van North West School of Design. Hulle is ‘n privaat modekollege, met ‘n kwalifikasie wat internasionaal aanvaar is, en bied ‘n driejaarkursus in mode aan. Die volledige onderhoud waar Marlene haar wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.

Watter ander besigheid of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Hier moet ek definitief sê die hele volhoubaarheidsbedryf. Dit het al ‘n hele internasionale bedryf op sy eie geword. Nie net in mode nie, maar oral, is volhoubaarheid baie belangrik en as ons kyk na die modewêreld, en spesifiek na sustainable fashion, is daar só baie werks- en entrepreneursgeleenthede in sustainable fashion. Ek lees elke dag iets van volhoubaarheid en daar is elke dag nuwe goed wat vorendag kom. Net gister het ek iets op Facebook gedeel oor materiaal wat hulle van sampioene maak, so dis nie net interessant nie, dis ook belangrik. En die geleenthede is ongelooflik groot.

Luister na die volledige onderhoud met Marlene Oosthuizen Donderdag om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.