Entrepreneurskap: Die toekoms van die groen bedryf


bertus-hugo-klipkouers

Bertus Hugo. Foto: Verskaf.

Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Bertus Hugo van KnowBrainer Learning Solutions, wat ʼn drywer is van die e-leer-revolusie.

Watter ander onderneming of bedryf vind jy interessant of ongewoon?

Op hierdie stadium, moet ek sê, is ek nogal baie geïnteresseerd in die hele groen bedryf: groen energie, hernieubare energie, son- en windkrag en al dié goeters. Dis vir my lekker as jy hier op die N2 afry waar jy baie van hierdie windturbines kan sien. Dit lyk altyd vir my soos die toekoms.

Groen energie is noodsaaklik want ons kan nie vir ewig swart rook in die lug in blaas met fabrieke nie; ons het alternatiewe oplossings nodig vir energieverskaffing. Ek dink daar is nog baie wat op dié gebied gedoen kan word.

Ek stel ook baie belang in dít wat Elon Musk met Tesla doen. Elektriese motors is vir my interessant en hoewel ek nie tans self daarin bedrywig is nie, sal ek nog eendag daarin wil begin krap.

NB! Moenie verlede week se onderhoud met Adam Tas, musikant en eienaar van Loopgraaf Films misloop nie!

Die volledige onderhoud waar Bertus Hugo sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Hmmm, nou gooi hy sommer sg “renewable energy” en fabrieke wat swart rook in die lug inblaas saam in dieselfde mandjie. Weet hy dat daardie “mooi” turbines so energie-intensief is om te vervaardig (met swart rook) dat dit nooit hulle vervaardigingskoste teruggee (ROI) oor hulle leeftyd nie. Dieselfde met sonpanele – verg minerale wat gemyn moet word, dan energie intensief om vervaardig te word, en uiters skadelik vir die omgewing wanneer dit aan die einde van hulle leeftyd is. Elon Musk – gaan kyk hoe winsgewend Tesla en SpaceEx is en waar Musk se geld vandaan kom. Ek is ten gunste daarvan om alternatiewe te vind vir ons huidige afhanklikheid van fossielbrandstof omdat dit gaan opraak, maar intussen moet ons na 7Biljoen siele kyk en vir almal kos en werk gee (ook die Donald Trump kiesers van die eerste wereld – hulle gaan ‘n mag word om mee rekening te hou oor die volgende jare) en dan moet die alternatiewe ook ekonomies sinmaak, nie sosialisme in ‘n groen baadjie nie. Die ware oplossings word nie tans ontwikkel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.