Entrepreneurskap: Geleenthede in die jagbedryf


michiel-els-klipkouers

Michiel Els. Foto: Verskaf.

Tyd vir ʼn bykomende vraag-en-antwoordbonus van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Michiel Els.

Watter ander besigheid of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Ek dink, miskien net omdat dit ʼn lekkerte vir my is, die jagbedryf in Suid-Afrika. Ek dink dis tans die grootste of die naasgrootste bedryf. Ek vermoed die jagbedryf het selfs die mynbedryf verbygesteek. Maar die omvang van die jagbedryf en die ervaring self – vandat die idee ontwikkel en die ouens begin gewere, patrone en petrol koop, tot hulle uiteindelik ietsie gaan jag en al daardie dinge – is ʼn aanloop tot ʼn hele kettingreaksie wat, volgens my, baie interessant is. Die bedryf is dalk nog baie in die beginfase as ʼn mens dit vergelyk met byvoorbeeld Amerika se jagbedryf, maar ek dink die geleenthede is baie. O ja, net nog iets: ek vind die aandelemark net so interessant!

Die volledige onderhoud waar Michiel Els sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

M'Lady ·

Enige jan rap en sy maat is deesdae in die jag bedryf. Word n PH en jou kop is deur. Goed vir niks anders nie.

Jan ·

M’Lady, jou opmerking het absoluut geen waarde toegevoeg tot die artikel nie. Boonop is jagters lank reeds immuun teen hierdie tipe sinnelose kommentaar van die ‘groenes’ – leë blikke maak immers die meeste geraas.

Johann ·

Ek jag maar met die kamera, dis ‘n lekker skoon tydverdryf en werk. Dis ook lekker om die diere en voëls deur ‘n verkyker te beloer om te sien war hulle maak, dit is as hulle so bietjie ver is.

Jg ·

M’Lady……….Omdat ek die voorreg gehad het om vroeër 3 tot 4 keer n jaar te gaan jag, en ongelooflik baie tyd in die natuur deurgebring het, het ek besluit om die PH Kursus te gaan doen in 2001. Die rede was nie om as PH op te tree nie, maar om MEER te leer van die natuur in Al sy fasette!! Die PH kursus behels baie meer as net om n dier te dood vir voedsel en vel!! Jy is seker maar een van daardie siele wat lekker elke jaar smul aan die heerlike wilds biltong, beskikbaar in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.