Jacques Basson gesels vandeesweek met die entrepreneur Gert-Johan Coetzee, een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle modeontwerpers. Van sy beroemde kliënte sluit die wêreldbekende Kardashian-familie in.
- Watter ander besigheid of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?
Ek is mal oor die speelgoedbedryf. Dis vir my baie interessant wat Mattel en Lego doen. Ek sou wát wou gee om deel daarvan te kon wees.
Die volledige onderhoud waar Gert-Johan sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.
Gaan geniet New York en leer soveel jy kan by hulle. Ons entrepreneurs moet soveel ons kan gaan kyk (al is dit net via die Internet as die toer geld min is) wat mense in ons lyn in ander lande doen en daardie idees meng met ons eies.
Jy is absoluut finominaal!
Ongelooflike jong man, jy is die Wayde van Niekerk van mode en ontwerp, ek is ongelooflik trots op jou, gaan groot en behou jou nederigheid, jy is n voorbeeld vir elke jong mens van die land wat droom van mode ontwerp vir n lewe! Jy is deel van die lekker lees stof van die land.