Entrepreneurskap: Hierdie mense inspireer my


hannes-dreyer-klipkouers

Foto: Verskaf.

Tyd vir nog ʼn bykomende bonusvraag en -antwoord van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met dr. Hannes Dreyer.

Watter ander besighede het ʼn groot invloed op julle sukses?

Ek dink nie daar’s regtig ʼn besigheid wat ʼn groot invloed het nie, maar daar is sekere mense soos Robert Kiyosaki. Ek dink daar is ʼn ongelooflike aantal ouens wat by my uitgekom het danksy Robert Kiyosaki. Hy’t die saadjie by die ouens geplant en ek dink hy’t dit op só ʼn manier gedoen dat mense daarop gereageer het. Ek stem wel nie met baie van wat hy sê saam nie, want wat in Amerika werk en wat hier werk, is twee verskillende goed. Sy besigheid is eintlik om boeke te verkoop, want dit is waar hy sy kliënte vandaan kry sodat hy sy ander besighede daaruit kan bedryf, maar hy’t definitief ʼn uitwerking. Jy kan nie glo hoeveel ouens kom langs dié weg by my uit nie. Dan sê so ʼn ou hy’t Robert Kiyosaki se boek gelees en toe kom hy agter, my magtig, maar hier moet iets anderster wees – hy begin toe soek en vind hier’s ander mense wat ook op daardie manier dink. So, ek wil vir Robert Kiyosaki baie dankie sê – ek dink hy’t dalk op die regte tyd in my besigheid gekom en miskien ʼn groot rol gespeel!

Iemand anders wat ook ʼn rol gespeel het, is Dolf de Roos. Hy het destyds saam met Robert Kyiosaki ʼn klomp goed begin skryf. Toe kom die plaaslike ouens agter dat ek daardie selfde goed al jare in eiendomme doen – en ek sit hier in Suid-Afrika en kan tot Afrikaans praat as dit moet! So, ek dink daardie twee het definitief ʼn uitwerking op my besigheid gehad.

Die volledige onderhoud waar Hannes Dreyer sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KG ·

Dr. Hannes Dreyer! PhD en MSc in Ekonomie aan die Commonwealth Open University? Wonder maar net! Sal ek ‘n kursus doen by iemand wat te koop loop met grade by so ‘n suspisieuse universiteit? Kyk self! http://www.commopu.org. Geakkrediteer deur die Wiener School for Advanced Studies (WSAS)?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.