Entrepreneurskap: Leer by die voertuigbedryf om ʼn wenner te wees


deon-roux-dry-ice-02

Deon Roux, die eienaar van Dry Ice International in Pretoria. Foto: Facebook.

Deon Roux het nooit sy kleintyd-bekoring met droë ys afgeskud nie en bedryf tans Suider-Afrika se grootste droë ys-fabriek in Pretoria. Hy is die eienaar van Dry Ice International. Deon het egter ook ‘n ander bedryf waarin hy belangstel:

Watter ander onderneming of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Ek hou baie van die voertuigvervaardigingbedryf. Dit het my nog altyd gefassineer en dit is lekker om te sien hoe ʼn voertuig uit niks geskep word. Ons kom natuurlik baie in fabrieke en dit gaan ook op die oomblik baie goed met daardie bedryf in Suid-Afrika Ek dink hier veral aan Mercedes-Benz, Ford, BMW en Volkswagen. Ons voer ʼn enorme klomp voertuie uit en die ouens doen baie goed.

Ons lewer ʼn diens aan daardie ouens met die droë-ys blasting, of ons nou vir hulle net die droë ys-korrels of 3 mm korrels verskaf en hulle die skoonmaakwerk self doen, en of ons dit ook gaan doen. Ek geniet dit om te sien hoe nuwe produkte ontstaan, soos byvoorbeeld die nuwe C-klas en 3-reeks en ook die Ford Ranger, wat letterlik 500 m van ons eie fabriek af vervaardig word. Wat baie interessant is, is dat die voertuigbedryf kompeterendste bedryf ter wêreld is. Ons kan altyd by hulle leer, veral oor hoe hulle voorbly.

  • Die volledige onderhoud waar Deon Roux sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.