Jacques Basson gesels met die entrepreneur Adri Kruger, ‘n ‘groen’ hotelier van Tzaneen wat van ‘n vier slaapkamer-gastehuis na ‘n hotel met 60 kamers gegroei het.
Wat is die beste advies wat jy al ontvang het?
Die beste advies wat ek nog ooit gekry het, was van my man wat vir my gesê het “cowboys don’t cry”. Met ander woorde, al maak jy ʼn fout, staan net op en probeer weer. Dis ʼn goeie les in die lewe want ons maak almal foute, maar dan moet ons net opstaan en wéér probeer, sodat ons kan aangaan – en dán maak ons ʼn sukses.
- Die volledige onderhoud waar Adri Kruger haar wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.
Baie geluk Adri. Hierdie is een van vele toekennings en ons is weereens trots op jou. Was al by Tzaneen Country Lodge. Ongelooflik gasvry en ongelooflik mooi. Doen so voort