Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen


Francois-Maartens-klipkouers

Francois Maartens. Foto: Verskaf.

Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, eerskomende Woensdag.

Watse ander besigheid, bedryf of nywerheid is vir jou interessant of ongewoon?

Meer interessant as ongewoon: ek het grootgeword op ʼn plaas, trouens, my ma-hulle is nog steeds op die plaas, so ons gaan nog baie daarheen. Ek hou dus van die landbousektor. Ek dink in my ander lewe sou ek dalk geboer het! Die landbou het ook baie verander weens die tegnologie en dit is nogal  interessant om dit dop te hou, want niks verander ʼn boer se denkwyse nie. Tog sien ek hoe die boere so stadig maar seker begin byt aan die nuwe tegnologie en goeters en hulle vind baie baat daarby. Dis ook die jonger generasie wat met tegnologie grootgeword het wat nou na vore kom.

Maar baie van die ouer boere begin ook die waarde daarvan insien, en dit wil gedoen wees om ʼn boer se denkwyse te verander. Dis nie iets wat sommer gebeur nie, veral as dit iets is wat werk. Hy doen dit al vir soveel jare op ʼn sekere manier en dit werk, maar dit kan beter wees as hy miskien net na die jonger outjies luister om met die tegnologie by te kom. So, jy sit met ʼn jong ou en waardevolle tegnologiese ondervinding aan die een kant, maar met ʼn ouer persoon met baie ondervinding en wat nie van tegnologie hou nie, aan die ander kant! As jy darem daardie nuwe idees saam met die ondervinding kan voeg en dit werk, dán het jy ʼn goeie storie!

NB! Moenie laas week se onderhoud met Dewald Pelser, sakeman en stigter van MisterBA potgooi, misloop nie!

  • Die volledige onderhoud waar Francois Maartens sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.