Jacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle in Orania kom vestig het. Senbel fokus daarop om telefoniese dienste in Afrikaans te lewer.
As jou hulpbronne onbeperk was, wat sou jy onmiddellik verander of verbeter in jou onderneming?
Ek sou vir my ʼn baie groot gebou laat bou het, hier in Orania. Orania is ʼn ontwikkelende dorp en hier is nog nie groot geboue nie. Boonop is spasie ʼn probleem wat geboue betref en as ek nou ʼn gebou kon bou waar driehonderd mense gehuisves kon word, sou dit iets nuuts wees in Orania en beslis ʼn groot eer vir die een wat eerste so ʼn gebou hier kan oprig.
Die volledige onderhoud waar Magdaleen haar wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.
Senbel is tops. Absoluut n puik werkskepper in Orania.