Entrepreneurskap: Telefoniese dienste in Afrikaans


kragklont-MagdaleenJacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle in Orania kom vestig het. Senbel fokus daarop om telefoniese dienste in Afrikaans te lewer.

As jou hulpbronne onbeperk was, wat sou jy onmiddellik verander of verbeter in jou onderneming?

Ek sou vir my ʼn baie groot gebou laat bou het, hier in Orania. Orania is ʼn ontwikkelende dorp en hier is nog nie groot geboue nie. Boonop is spasie ʼn probleem wat geboue betref en as ek nou ʼn gebou kon bou waar driehonderd mense gehuisves kon word, sou dit iets nuuts wees in Orania en beslis ʼn groot eer vir die een wat eerste so ʼn gebou hier kan oprig.

Die volledige onderhoud waar Magdaleen haar wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.