Europese Jupiter-sending word realiteit

Jupiter en sy mane Foto: "Jupiter family" deur NASA/JPL - PIA01481 (Jet Propulsion Laboratory) via Wikimedia Commons

Jupiter en sy mane Foto: “Jupiter family” deur NASA/JPL – PIA01481 (Jet Propulsion Laboratory) via Wikimedia Commons

Die Europese Ruimte-agentskap het die kontrak vir die bou van ’n ruimtekapsule wat in 2022 na Jupiter sal vertrek, aan Airbus Defence & Space in Frankryk toegeken.

Die kontrak beloop €350,8 miljoen.

Die tuig sal, ná dit deur ‘n Ariana 5-vuurpyl gelanseer is, in 2030 by Jupiter en sy mane aankom.

Benewens Jupiter sal die mane Ganymede, Europa en Callisto ook ondersoek word. Wetenskaplikes meen dat al drie oseane van vloeibare water onder yskorste huisves. Die ondersoek sal kennis versamel oor die moontlikheid dat daar lewensvatbare omstandighede in die oseane kan bestaan.

Bron: ESA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grotman ·

Is daar nie dalk plek vir drie pasengers nie? Ek verstaan Zuma, Malema, Obama en die Pope soek n lift en sal by Mars af klim. Kom nou ouens, gee hulle n gap en red die wereld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.