Instagram het ʼn lys met die tien troeteldiere wat die meeste op dié sosialemediaplatform gevolg word bekend gemaak.
In die eerste plek is @jiffpom, ʼn rekening wat foto’s van oulike dwergkeeshondjies (toy pom’s) plaas. Dié rekening spog met 7,1 miljoen volgelinge.
@nala_cat, ʼn rekening vir die sewejarige siamese kat Nala is in die tweede plek met 3,5 miljoen volgelinge. Doug the Pug is in die derde plek met 3 miljoen volgelinge.
In die vierde plek is die Japanse hond Shinjiro Ono, met die rekening @marutaro. Dié rekening het sowat 2,6 miljoen volgelinge.
Die bekende kat met die iesegrimmige uitdrukking op sy gesig, Grumpy Cat, is in die vyfde posisie met 2,4 miljoen volgelinge.
Die shih tzu @marniethedog is ʼn 16-jarige aanneemhond en met ongeveer 2,1 miljoen volgelinge neem hy die sesde posisie in.
Tuna die chihuahua (@tunameltsmyheart) het 1,9 miljoen volgelinge en neem die sewende plek in, terwyl Juniper die jakkals met 1,9 miljoen volgelinge die agtste posisie beklee.
Lil BUB (@iamlilbub) word beskryf as ʼn kat enig in haar soort en met 1,7 miljoen volgelinge lê sy in die negende posisie. In die tiende plek is Loki die poolhond se rekening, met 1,6 miljoen volgelinge.
Wow dit is nou oulike troeteldiere te skatlik !!!!!