Foto’s: ʼn Grondyskas sonder elektrisiteit

Weltevree se grondyskas Foto: Weltevree

Weltevree se grondyskas Foto: Weltevree

Floris Schoonderbeek, stigter van die Nederlandse ontwerpmaatskappy Weltevree, het ʼn yskas ontwerp wat ondergrond installeer word.

“Dit voldoen aan die behoeftes van mense wat hul eie groentetuine het en selfvolhoubaar wil leef,” verduidelik Schoonderbeek op sy webwerf.

Die voorafvervaardigde yskas gebruik die grond as insulasie om die kos vars te hou en geen elektrisiteit word dus benodig nie.

Die yskas weeg ongeveer 300 kg en die deursnee is 2.28 m. Die yskas is gelykstaande aan 20 yskaste en kan die inhoud van ʼn 250 m2 groentetuin of 500 kg kos koud hou teen ʼn konstante temperatuur van tussen 7°C en 15°C, selfs al is dit buite tussen -10°C en 35°C.

Die yskas sal van die middel van 2015 beskikbaar wees. Prys op aanvraag beskikbaar.
Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish! ·

Oulik. Ek is ‘n diabeet en my medikasie moet koud gehou word. Problematies met ESKOM. Daar om het ek dadelik gaan lees. Al fout wat ek sien is: Ek is alleen en rerig, so groot ding vir net dit wat vir een mens nodig is. Dit is ‘n jammerte.

MissDemeanor ·

Ja, ek soek een, want ek hou daarvan as my bier so tussen 7 en 15C koud is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.